Wednesday 24 May 2017

Poison of choice

Die Engelse het so lekker uitdrukking " your poison of choice". Om een of ander rede bring almal dit terug na drank toe - miskien is dit die oorsprong van die frase. Vir my gaan dit oor meer as jou Merlot. Ek is mal oor 'n goeie Merlot maar sal enige dag heerlik teug aan 'n lekker Pinotage, Cabernet of Shiraz. Merlot is "my poison of choice" - maar die ander is net so heerlik. Dit is nou in kontras met my liefde vir 'n lekker droee MCC soos Krone Borealis Brut Rose maar ek sal maak of ek 'n teug aan Cold Duck neem en die res verduister. Dit is nie "poison of choice" nie . Net so is Sally Williams se amandel nougat my "poison of choice" maar enige nougat is 'n heerlike bederf.

So is boeke vir my altyd 'n lekkerte - soos rooiwyn en nougat. Maar my "poison of choice" is duidelik 'n goeie krimi. Dit neem egter nie weg dat ek meeste boeke sal lees en waarskynlik geniet nie. Daarom gesels ek vandag graag oor 'n boek wat duidelik nie in die gif katergorie val nie, en een wat wel.


Vermis van Jeanette Stals 

So reg in my kraal is hierdie lekkerlees krimi! Die Londonse ouers van die talentvolle Elodie word een oggend wakker in die gastehuis in Stellenbosch net om agter te kom dat sy weg is. Alhoewel haar ma beweer sy is nie 'n tipiese tiener nie is dit tog wat jong mense doen - tree effe onvoorspelbaar op. 

Speurder Luna Joubert vermoed egter gou dat hierdie nie 'n tipiese rebelse- tiener -wat -wegraak saak is nie. Sy bekyk die mense in Elodie se lewe en die omstandighede rondom hulle kuier in Suid Afrika. Moetiemoorde en menslike handel word genoem en gou word dit duidelik dat dit krities is om haar so gou as moontlik te vind.

Die storie verloop op n lekker vinnige pas en Luna se karakter sleep jou saam met haar ondersoek. Die spanningslyn word intens na die middel van die boek en breek nooit regtig voor die verassende ontknoping nie (alhoewel daar wel leidrade vroeer is wat wys hierna).

Dieper as die oenskynlike lekker krimi is die kyk na 'n huwelik wat vergiftig is deur leuens en hartseer, goed versteek onder die oppervlakkige gewone familie beeld. Die koue en selfs so ver as haat kan sterk aangevoel word.

Vermis is 'n heerlike lees, veral vir krimi verslaafdes soos ek. Ek sou net bitter graag die eerste Luna Joubert boek "Katoog" eerste wou gelees het omdat daar wel verwysings is.Soos Deon Meyer se boeke is kan hul elkeen selfstandig gelees word en meng die storielyne nie. Vir karkter ontwikkeling en verwysing sal dit wel sin maak.

Ek beveel die boek ten sterkste aan - 9 en 'n half uit 10 vir 'n spanningsvolle en uiters slim krimi.

Na die bitterheid , bloed en spanning was dit lekker om my leesbrein met bietjie soet te spoel. 'n Lekker bitter latte is dan so perfek saam met suurlemoen meringue tert

Lemoenseison van Kristel Loots.

Ek is beslis nie 'n gereelde leser van tipiese liefdesverhale nie maar Kristel se boeke het daardie ietsie anders en dieper en is boonop stampvol heerlike humor. Ek het die boek in'n dag deurgelees oor 'n langnaweek - een waarin ontsnap in'n boek baie nodig was en waar my familie my die kans gegee het om dit wel te kan doen.

Suzy is Mevrou Dominee en 'n effe onwillige een. Sy is 'n gewone warm vrou wat mooi rokke en veral mooi skoene wil dra. Sy probeer hard maar vergeefs om haar man se aandag te kry. Ter selfde tyd is daar dinge in haar verlede wat sy net so hard en vergeefs probeer vergeet. Sy ontmoet die dodelik aantreklike Dante del Marco deur haar friend Jay Jay - so heerlike karakter wat ek kan sien en hoor in my geestesoog - en wil dadelik vir hom werk. Nie noodwendig is romanse op haar teiken nie maar wel onafhanklikheid en haar eie lewe wat nie as Mervou Dominee gaan voortgaan nie.

Lemoenseisoen is 'n heerlike ligte lees en totale ontsnapping wanneer mens dit die nodigste het. Kristel Loots gebruik in die boek die lemoen as tema of simbool vir die lewe. Net so is die boek vir my -soos 'n geurige lemoen - stroopsoet met 'n hemelse geur - maar die pitjies binne kan maar bitter wees as jy hulle raakbyt. 'n Lekker 7/10  - en ek vermoed vir die van julle wie se "poison of choice" liefdesverhale is sal dit selfs meer gee

Wednesday 3 May 2017

Let's be honest

The last few weeks have been some of the most difficult in my life. It's been hard and stressful and tough to make so many business decision on  my own. To try and take over from someone that had so much more experience in life than me. To believe that I can do this. But things seem to be slowly falling into place and there is hope on the horizon.

We have not bee away the holidays or any of the long weekends - honestly with all that was going on there simply was no scope to do that. But we had fun and some wonderful days in the mix.

Easter weekend was filled with great food , good company and lots of fun.


 We made candles and used up some of our old ordinary white candles and some of those millions of crayons every household has hanging around. It was great fun and came our really pretty
 We went to a very special little girls' 5th birthday celebration and had wonderful My little Pony cake to fill the rest of the weekend.
 I read two great Afrikaans whodunnits (with my birthday cake) - watch out for some book chat next week.
 My mom cooked us oxtail with samp and beans and peaches. She has not been able to cook us a meal in over 3 years with all the operations she had. It was a huge celebration that she was able to do this. She finished the meal off with her fantastic malva poeding.
 As per tradition in our church we took flowers to decorate the empty cross on Easter Sunday. It was a colourful celebration of our risen Saviour.

 Easter Sunday also saw the traditional Easter egg hunt - with oir great family friends. It was a day of fun, swimming and relaxation.
 While the kids devoured chocolate and spaghetti blognaise the adults ate:
 Chocolate too of course! (those ladybirds are the best)

 Lovely Dahl
 Beef curry
Great Cape Classique

And desert too (well we all had)
And we had another little celebration with the 5 year old.

It was such a great weekend!