Ek het regtig so lank laas beoke gesels en ek het soveel lekkertes om te deel. Ek spring dus sommer weg met hierdie een
Kyk daar is vlakke van lekkerlees - die diepste valk vir my is die 
een waar ek selfs ry met die boek en by elke verkeerslig so paar sinne 
lees tot die taxi agter my vir my toeter. Dit is daardie vlak van  lees 
wat my sedert die naweek so vasgenael het aan "Uit die Bloute" van Chanette Paul.
 Daar is 'n besondere lekkerte in reekse en karakters wat herhaal - 'n 
mens ontwikkel 'n verhouding met die karakters en opinies word redelik 
sterk gevorm. Jy voel sommer tuis tussen hulle.
 Daarom was dit heerlik om weereens Jojo te kan vergesel deur nog 'n 
avontuur waar Irene en Valk ook weer betrokke is.Oor die karkater van 
Jojo kan ek boeke skryf - die lekkertes in 'n speurder soos sy is vir my
 groot. 'n Vrou na my hart. Irene het vir my in hierdie boek meer na 
vore gekom en ek moet erken dat ek met heel ander oë na haar kyk. Die 
karkaterontwikkeling by haar is groot. Nog lekkerder was die toevallige 
"raakloop" van ander karakters uit Chanette se vorige boeke - veral 
Fortuintjie wat 'n groot gunsteling van my is en net so paar reëls in 
die boek het. Ek wens amper Gertjie en Gys het darem ook net oë gewys en
 was nie net genoem nie. Dit was ook vir my heerlik om Joachim weer te 
ontmoet.
 Soos julle seker 
kan aflei uit my eerste paragraaf is die spanningslyn in die boek 
absoluut meesterlik. Daar is nie 'n oomblik waar dit genoegsaam verslap 
dat mens so effe ontspan nie. Die karkaters wat nog nie bekend aan ons 
is nie is geweldig interessant en mens moet kophou deur die boek. Daarom
 voorsien sy soos haar gewoonte is 'n lys van karakters voor in die 
boek.
 Die boek speel af teen die agtergrond van oënskynlike 
waarnemings van verskyning van vreemde vlieënde voorwerpe en sogenaamde 
"UFO abductions" wel bekend in literatuur orals. Vrae word gevra oor die
 geldigheid van hierdie verskynings en laat mens selfs aan jou eie 
oortuigings twyfel. Dit gaan egter veel dieper en spreek weer die 
tendense van massa histerie en misleiding en die invloed van fanatiese 
sekteleiers soos reeds in "Meetsnoer" gedoen is. Die agtergrond is 
uiters interessant.
 Dit als gesê is die kern van die boek 'n 
goeie "whodunnit" in die beste vorm moontlik met 'n skryfstyl wat 
heerlik lees - soos ons gewoond is aan Chanette se boeke.
 "Uit die Bloute" is 'n heerlike lees en ek kan hom sterk aanbeveel.
