Ek is nie ‘n
liefhebber van die kortverhaal genre nie. Gee my eerder ‘n ordentlike lang
genoeg roman. ‘n Kortverhaarl is vir my soos om ‘n hoofgereg te bestel – jy kry
dan net kans om so 3 happe van jou duck-le –orange te eet voordat dit weggeneem
word en vervang word met ‘n lekker fillet waarvan jy ook net 3 happe mag eet
voordat dit vervang word met nog ‘n lekkerte vir net 3 happe. Nee dan eerder die
vol lekker ete van ‘n roman. Rubrieke is
egter iets anders – dit is soos om aan te sit voor ‘n heerlike verskeidenheid
tappas waaraan jy met elkeen net genoeg van een lekkerte kan proe. En moet nie
van die geselligheid van tappas eet vergeet nie – tappas kan jy saam met
vriende geniet. So ook rubrieke – kort genoeg om gou voor te lees en te deel met
iemand.
“Retoer,
Pretoria – Provence” of dan soos Marita van der Vyver dit self beskryf “ die
ongeloolike avonture van ‘n skrywende ma” is soos ‘n heerlike tafel propvol van
die lekkerste moontlike tappas , keurig uitgepak en pragtig op die oog en die
tong.
Tipies van
Marita se heerlike skryfstyf kuier sy so gesels gesels met jou deur haar storie
– slim verdeel onder die titels van haar boeke wat dit selfs interessanter maak
vir haar gereelde lesers. Van stories van haar kinderdae (“’n Fees op wiele “
is my gunsteling) tot haar begin skrywersdae en dan natuurlik die lewe in
Provence op die platteland. “Platteland bly platteland” is so heerlike stukkie
wat my groot laat glimlag het. Tipies Marita word die vrolike ook afgewissel
met die harseerder in die lewe. Ouer word, groter word en die veranderende
wêreld waarin ons ons bevind. As die ma van ‘n net-net tiener het ek die
stories oor tieners grootmaak baie geniet en selfs soms bietjie anders begin
dink.
Ek kan die
heerlike reis van Marita deur haar lewe (tot nou – sy is veels te jonk vir ‘n
outobiografie) sterk aanbeveel. Soos ons Marita ken is daar hope humor in die
stories en hope deernis waar nodig is. Die allerdaagse gesien uit die oë van ‘n
kunstenaar. Lees gerus! Vir my was dit
die lekkerste kuier ete saam met Marita.
No comments:
Post a Comment
So what's on your mind?