Tuesday 5 July 2011

June 2011- Book 14

Afrikaans book review/resensie
Die Portier deur Pat Stamatelos
Max het nie regtig nodig om te werk nie - weens sy mildelike erfporsie en slim beleggings het hy meer as genoeg om su eenvoudige, dog stylvolle lewe te lei. Tog is Max 'n nederige protier in 'n ekslusiewe privaat hospitaal. Hy doen die eenvoudigste werk vir die wat siek of seer het. Hy verdra hulle bloed en braak, maar ook hulle vuil naels en knoffel asems.Want Max doen die werk as deel van sy behadleing om sy obsessiewe kompulsie teen te werk. Hy is daargliks in kontak met die onvomaakte om sy strewe na obsessiewe volmaaktheid in balans te kry. 

Desondanks Max se probleme is hy 'n talentvolle man - hy skryf kinderboeke en speel klavier en viool - en hy sien en hoor alles wat in die hospitaal gebeur. As hy maar net so n sy ouerhuis kon waargeneem het.

'n Wonderlike en deernisvolle vertelling wat my deurgans geboei het - 'n wel verdiende 8/10.

No comments:

Post a Comment

So what's on your mind?