Tuesday 7 February 2017

Dinsdag en dit is lekker boeke dag!

Ek het 'n liefde vir Ierse skrywers - daar is vir my baie ooreenkomste tussen die Iere en my eie ou volkie. Natuurlik het heelwat van ons 'n lekker tikkie Ierse bloed iewers ook maar dit is hoe ons en hulle familie benader wat my in besonders tref - en natuurlik die Italianers ook.  Behalwe vir die hoog aangeskrewe skrywers soos Frank McCourt ("Angela's Ashes" moet die moderne Ierse boek wees om te lees) en Roddy Doyle wat so raak die Ierse samelewing saamvat ("The Commitments" is my gunsteling en "The Woman that walked into doors" is uitsonderlik ) is daar 'n hele string skrywers wat so in die ligte luim skryf. My gustelinge onder hulle is Marian Keyes (lees haar "This Charming Man" ) en dan ook  Sinead Moriarty - sy het die talent om heerlike stories oor gewone families en gewone goed wat gebeur lekker en met genoeg humor te vertel. My gunsteling boek van haar is "Me and my sisters" - so lekker familie storie oor drie susters wat almal op een of ander manier hulself moet bymekaar skraap om deur iets te gaan wat hul wêrel omver gooi - en dit regkry met hul susters se hulp. Gits ek wou nog altyd susters gehad het.

Ek was dus heerlik verras om in Bernette Bergentuin se "Stilettos' van Staal" 'n heerlike Afrikaanse storie van drie susters te ontdek wat my net so vermaak het. Sy het dieselfde talent as Sinead Moriarty om families met deernis te ondersoek met 'n lekker storie. Die boek spreek van familie en liefde en hoe situasies daarin hanteer word. Lona, Vanessa en Sienna Beauman het elkeen hul unieke persoonlikheid en unieke stel probleme op die oomblik dat hul pa besluit om die familie besigheid in 'n openbare maatskappy te omskep. Elke vrou gaan iewers aanklank vind by een (of meer ) van die susters - Lona wat op 'n laagtepunt swoeg deur babas en kleuters met 'n lyf wat dit wys, Vanessa wat as professionele vrou besef die lewe bestaan uit meer as werk en Sienna wat sukkel om te voldoen aan haar familie se verwagtinge wat haar studies betref . Die dogters van 'n Afrikaanse pa en Italiaanse ma beweeg in die warmte van 'n heerlik vermengde famlie.

Wat ek werklik geniet het was die heerlike Pretoria verwysings - natuurlik aangepas om soms by die storielyn te pas (en sommige verouderd met nuwe verwikkelinge in Hatfield) - maar ek kon die karkaters in my geboortestad en Alma Mater sien en volg. Tukkies se kampus weer herleef en indrink.

Stiletto's van staal is 'n heerlike ligte romatiese komedie oor familie en susters. Die liefde en grappies, die onderstrominge en die hartseer. Ek het die boek werklik geniet en gaan besis nog van Bernette Bergentuin se boeke lees. 'n 7/10 vir lekker lees en ontspan.

4 comments:

  1. Ek het jou aanloop tot die resensie van Stilettos net so interessant gevind as die bespreking van eersgenoemde. Jy is beslis welbelese. Dankie dat jy dit met ons deel

    ReplyDelete
  2. You had me at Irish fiction :)

    Interestingly, That Charming Man is probably my least favourite of all the Marian Keyes ;)

    You should try some Roisin Meaney or Claire Allan. In fact, I wrote a post on my 5 favourite Irish authors on the Organising Queen blog.

    ReplyDelete
  3. I also enjoy the local authors because it is so much easier to relate. I like seeing these things in my everyday life in a book.

    ReplyDelete
  4. As always I love your book reviews.

    ReplyDelete

So what's on your mind?