Showing posts with label Erika Murray-Theron. Show all posts
Showing posts with label Erika Murray-Theron. Show all posts

Monday, 18 July 2011

July 2009 - book 22

'n Tapisserie met klein diere van Erika Murray-Theron 

Ek was aangenaam verras deur hierdie boek - ek het altyd gedink dat die skrywer jou tipiese Afrikaanse romantiese boeke skryf. Maar nee, sy skryf meesterlike stories wat ver buite die gewone raamwerk span.

In hierdie boek ontmoet 'n uiters komplekse en diverse familie mekaar vir 'n soort van reunie rondom 'n vakansie. Die uiteenlopende karakters, wat elkeen op sy eie manier tot jou spreek, het ook uiteenlopende geskiedenisse, fyn verweef met mekaar. Dan is daar ook die geraamtes in die familiekas wat ontbloot word.

Werklik 'n goeie en verrassende lees - 8/10

Friday, 8 October 2010

July 2009 - Book 30

I am doing this one in Afrikaans as it is not available in English.
Verblyf deur Erika Murray-Theron

Wat 'n heerlike verassing was die boek nie. Ek het die boek doodeenvoudig impulsief by die boekklub geleen, en so ou tannie tipe boek verwag. Maar hierdie boek is uitstekend geskryf met 'n boeiende storielyn. Die hele toon van die boek is effe ongemaklik, mens kan as aan't ware die ontuisheid van die karakters in die boek aanvoel, wat op die ou einde vir almal na 'n soort van "behoort" ontwikkel.

Regtig 'n goeie lees.

Cat's gee die 7 en 'n half/10.