'n Lekker ligpunt in my lewe tans is die heerlikheid van nuwe skrywers ontdek in Afrikaans. Ek het my Afrikaanse lees baie afgeskeep deur die jare maar kyk, ek is nou besig om werk daarvan te maak. Hierdie jaar het ek meer Afrikaans as Engels gelees - seker die eerste keer in my grootmens lewe. Saam met nuwe skrywers kom ook nuwe genres en style. Vars nuwe stemme. Dit maak my altyd baie opgewonde as ek iets in Afrikaans ontdek wat 'n wêreld tendens is. Dit is nou nie dat Afrikaans nog ooit moes terugstaan nie as ons dink aan die Sestigers nie.
Ek het my grootmens lees jare begin met 'n Universiteits lys van "aanbevole boeke vir Argitektuur studente". Anders as wat jy mag dink het hierdie lys nie 'n enkele boeke wat direk slegs oor Argitektuur gegaan het bevat nie maar het meer gegaan oor die skep van 'n goeie lees agtergrond en goeie algemene lees kennis. Op die lys was boeke soos "Animal Farm" ," Mein Kampf", "The Fountainhead", "The Unbearable lightness of being", "The Name of the Rose" en "Catch 22". Ook die klassieke werke soos "Lolita", "Where Angels fear to tread" en "Passage to India".
My grootste ontdekking was egter die werke van die Suid Amerikaanse magiese realisme skrywers soos Marquez en Allende ("One hundred years of solitude" en "The House of the Spirits") was op daardie lees lys - ai die lekkerte. 'n Hele ander wêreld het vir my oopgegaan. Daarom ook was my ontdekking van magiese realisme in Afrikaans vir my 'n hoogtepunt - "Die swye van Mario Salviatti" van Etienne van Heerden en Andre P Brink se "Sandkastele" is daarom twee van my gunsteling Afrikaanse boeke wat ek al oor en oor gelees het. Maar ek wil nie eintlik magiese realisme gesels nie - eerder boeke met 'n geskiedkundige agtergrond - soos hierdie twee ook het. Boeke met 'n geskiedkundige agtergrond is nie regtig my gewone leesstof nie maar gooi iets anders by of vertel die storie vars en nuut en ek mag dalk dit baie geniet. Ja, daar is uitsonderinge soos die poetiese skoonheid van PG du Plessies se "Fees van die ongenooides" maar ek hou van beweeg in die hede of onlangse verlede. Die toekoms is oop vir debat - ek het byvoorbeeld "Koors" baie geniet (dit was my 2016 boek van die jaar) en selfs "The Hunger Games" maar dit is nie my eerste keuse oor die algemeen nie.
In dieselfde asem hou ek van boeke wat mens uitdaag om effe anders na die wêreld te kyk - veral die mense naby jou. 'n Boek soos "Gone Girl " van Gillian Flynn en "Broken Monsters" van Lauren Beukes is miskien nie die "mooiste" boeke wat jy ooit gelees het nie" en jy mag dalk nie van 'n enkele karakter hou of aanklank by vind nie, maar jou denke word gedraai en uitgedaag.
Daarom is ek vandag baie opgewonde om oor twee nuwe Afrikaanse boeke te gesels - een in 'n relatiewe nuwe genre - Domestic Noir (dink "Gone girl" en "Girl on a train") en een waar die geskiedenis bewonderingswaardig teer hanteer word en so een van daai groot uitsonderings word in my lewe.
"Pelgrimshoop" van Ronel Nel
Dit is 1956 en Hanna haar broer Abram kom per trein aan in die denkbeeldige dorpie Pelgrimshoop. Dadelik is die leser uiters bewus van hul andersheid in die gemeenskap - hul stads maniere en klere spel dit uit. Boonop is Hanna daar om Elias Bart te onderrig en gou blyk dit dat hy ook 'n uitgewekene of eenkant persoon in die dorp is. Buiten dit is Hanna en Abram half Joods - iets wat in daardie tyd duidelik hul een kant en anders gestel het.
Alhoewel die verhaal in esensie 'n liefdesverhaal is gaan dit oor soveel meer. Die tydperk word in die mooiste details uitgelig met hoe die modes en motors gelyk het. Onder andere die verskying van Tupperware gee wonderlike kleur en detail sonder om die verhaal oor te neem. Die navorsing is duidelik deeglik gedoen en ek het selfs van die klere gaan Google en my verstom aan die kontras tussen wat Hanna en Abram sou dra en wat toe die norm op 'n klein dorp sou wees. Dit gee selfs meer insig in die andersheid wat hulle sou beleef en ervaar het.
Behalwe vir die hoof karakters is die boek gevul met pragtige vol ingekleurde karakters wat bydra tot die storie. Ek wil nie eers uitsonder nie maar die Dokter in sy wysheid en die Dominee in sy aanvanklike kortsigtigheid weerspieel elk die tipes mense wat 'n klein dorpie vandag seker steeds populeer.
In besonder het die gedeelte met die Vrouemars op 9 Augustus my geraak. Toe ek kort na die lees van die boek toevallig fotos van die geskeidkundige dag raakloop het ek myself uitgevang hoe ek na ons vier heldinne op die fotos soek. Vir my het geskiedenis tasbaar geword in 'n fiksie
Maar bo alles gaan Pelgrimshoop oor vooroordeel en aanvaarding, oor rassisme en ongeletterdheid en seksisme. Temas wat vandag steeds daar is. Die geskiedenis van die tyd word teer getoon - en daarmee bedoel ek nie goed word verskuil en weggesteek nie want die hantering van die temas is reguit maar met die nodige ontlonting wat 'n terugkyk in die geskiedenis behoort te hê.
Pelgrimshoop is nie jou tradisionele liefdesverhaal nie maar sal liefdesverhaal lesers wel tevrede stel. Alles rondom die boek is mooi en sag - en ek wil hom graag weer herlees. Dit is 'n unieke boek wat die geskiedenis laat leef en wat tot 'n baie wye leespubliek sal spreek. Ek gee die boek 'n 9/10 en beveel hom aan vir een en almal.
"Die Mense Langsaan" van Elsa Hamersma
Christine en Zebith hou saam skool met die aanvang van die boek. Albei is vasgevang in hulle eie unieke huislike situasie en steek doelbewus wat in hul lewens gebeur veilig weg van die skool en omgewing waarin hulle saam leef. Veral Christine se giftige huwelik met Frikkie het my diep geraak en verskriklik kwaad gemaak.
Hulle paaie skei as Zebith van skool verander en trek na 'n nuwe omgewing - 'n sekuristeits area waar sy gou besef dat haar bure vele geheime hou en dat die gevoel van sekuriteit bloot 'n illusie is. As dit nie was vir haar natuurlike beskerningsin as onderwyseres nie sou sy seker nooit eers betrokke wou wees nie.
Christine se lewe neem 'n groot draai na die mag in haar huweik selfs meer na Frikkie se kant toe skuif en na die nuwe bure betrokke raak in haar lewe - ten goede of ten slegte is die vraag. Die twee se lewens ontmoet weer na hulle mekaar se bure word en die aanvanklike ongemak met mekaar en die situasie is opmerklik en skep sy eie spanning in die storie.
Deur die boek is daar 'n aanvanklike amper onvoelbare spanningslyn wat opbou en opbou tot die oorkook punt. Dit word subtiel en meesterlik gedoen en ek was van die eerste sin vasgevang in die verhaal. Om die waarheid te sê ek het 'n etenstyd ontsnap by die werk om die boek klaar te lees omdat dood eenvoudig nie tot die aand kon wag om die laaste 3 hoofstukke te lees nie.
Soos met ander boeke in die genre wonder mens onbewustelik wat jou eie bure se geheime is. Wat daar agter die skanse van die tuinmuur aangaan. Ek moes diep asem haal en net eers so bietjie dink en tot verhaal kom na ek klaar was met die boek.
Die boek is in n nuwe genre en is 'n vars stem in Afrikaans. Ek het dit werklik baie geniet en meen elkeen wat van iets anders en effe uitdagends hou behoort die boek te lees. 'n 9/10 vir 'n baie genotvolle spannende lees.
Showing posts with label afrikaans. Show all posts

Tuesday, 6 June 2017
Wednesday, 24 May 2017
Poison of choice
Die Engelse het so lekker uitdrukking " your poison of choice". Om een of ander rede bring almal dit terug na drank toe - miskien is dit die oorsprong van die frase. Vir my gaan dit oor meer as jou Merlot. Ek is mal oor 'n goeie Merlot maar sal enige dag heerlik teug aan 'n lekker Pinotage, Cabernet of Shiraz. Merlot is "my poison of choice" - maar die ander is net so heerlik. Dit is nou in kontras met my liefde vir 'n lekker droee MCC soos Krone Borealis Brut Rose maar ek sal maak of ek 'n teug aan Cold Duck neem en die res verduister. Dit is nie "poison of choice" nie . Net so is Sally Williams se amandel nougat my "poison of choice" maar enige nougat is 'n heerlike bederf.
So is boeke vir my altyd 'n lekkerte - soos rooiwyn en nougat. Maar my "poison of choice" is duidelik 'n goeie krimi. Dit neem egter nie weg dat ek meeste boeke sal lees en waarskynlik geniet nie. Daarom gesels ek vandag graag oor 'n boek wat duidelik nie in die gif katergorie val nie, en een wat wel.
Vermis van Jeanette Stals
So reg in my kraal is hierdie lekkerlees krimi! Die Londonse ouers van die talentvolle Elodie word een oggend wakker in die gastehuis in Stellenbosch net om agter te kom dat sy weg is. Alhoewel haar ma beweer sy is nie 'n tipiese tiener nie is dit tog wat jong mense doen - tree effe onvoorspelbaar op.
Speurder Luna Joubert vermoed egter gou dat hierdie nie 'n tipiese rebelse- tiener -wat -wegraak saak is nie. Sy bekyk die mense in Elodie se lewe en die omstandighede rondom hulle kuier in Suid Afrika. Moetiemoorde en menslike handel word genoem en gou word dit duidelik dat dit krities is om haar so gou as moontlik te vind.
Die storie verloop op n lekker vinnige pas en Luna se karakter sleep jou saam met haar ondersoek. Die spanningslyn word intens na die middel van die boek en breek nooit regtig voor die verassende ontknoping nie (alhoewel daar wel leidrade vroeer is wat wys hierna).
Dieper as die oenskynlike lekker krimi is die kyk na 'n huwelik wat vergiftig is deur leuens en hartseer, goed versteek onder die oppervlakkige gewone familie beeld. Die koue en selfs so ver as haat kan sterk aangevoel word.
Vermis is 'n heerlike lees, veral vir krimi verslaafdes soos ek. Ek sou net bitter graag die eerste Luna Joubert boek "Katoog" eerste wou gelees het omdat daar wel verwysings is.Soos Deon Meyer se boeke is kan hul elkeen selfstandig gelees word en meng die storielyne nie. Vir karkter ontwikkeling en verwysing sal dit wel sin maak.
Ek beveel die boek ten sterkste aan - 9 en 'n half uit 10 vir 'n spanningsvolle en uiters slim krimi.
Na die bitterheid , bloed en spanning was dit lekker om my leesbrein met bietjie soet te spoel. 'n Lekker bitter latte is dan so perfek saam met suurlemoen meringue tert
Lemoenseison van Kristel Loots.
Ek is beslis nie 'n gereelde leser van tipiese liefdesverhale nie maar Kristel se boeke het daardie ietsie anders en dieper en is boonop stampvol heerlike humor. Ek het die boek in'n dag deurgelees oor 'n langnaweek - een waarin ontsnap in'n boek baie nodig was en waar my familie my die kans gegee het om dit wel te kan doen.
Suzy is Mevrou Dominee en 'n effe onwillige een. Sy is 'n gewone warm vrou wat mooi rokke en veral mooi skoene wil dra. Sy probeer hard maar vergeefs om haar man se aandag te kry. Ter selfde tyd is daar dinge in haar verlede wat sy net so hard en vergeefs probeer vergeet. Sy ontmoet die dodelik aantreklike Dante del Marco deur haar friend Jay Jay - so heerlike karakter wat ek kan sien en hoor in my geestesoog - en wil dadelik vir hom werk. Nie noodwendig is romanse op haar teiken nie maar wel onafhanklikheid en haar eie lewe wat nie as Mervou Dominee gaan voortgaan nie.
Lemoenseisoen is 'n heerlike ligte lees en totale ontsnapping wanneer mens dit die nodigste het. Kristel Loots gebruik in die boek die lemoen as tema of simbool vir die lewe. Net so is die boek vir my -soos 'n geurige lemoen - stroopsoet met 'n hemelse geur - maar die pitjies binne kan maar bitter wees as jy hulle raakbyt. 'n Lekker 7/10 - en ek vermoed vir die van julle wie se "poison of choice" liefdesverhale is sal dit selfs meer gee

Tuesday, 11 April 2017
Dinsdag en tyd vir boeke - Ver in die Wêreld Kittie en Foxtrot van die liefde
Ek is deel van die toebroodjie generasie - die generasie wat ouer was toe hulle kinders gekry het en nou tussen ouerwordende ouers en klein kinders gedruk word. Almal vereis sorg en jy kan nie regtig op ouers steun om te help met kinders versorg nie en ook nie anders om nie. Hierdie is nie 100% die geval met beide Kittie en Katalaya, die heldinne van die twee boeke waaroor ek vandag gesels nie. Wel dalk vir Kittie se broer en suster want Kittie het nie kinders nie. Dit maak egter nie saak of jy ouers het wat verswak nie of klein kindertjies het nie - Kittie en Katalaya se verhoudings met hulle ouers en die res van hulle familie sal heel moontlik vir jou bekend voel.
Dit is hoe verhoudings uitgebeeld word wat my aantrek na beidie van die boeke. In albei word verhoudings uit alle kante bekyk maar veral ook die een wat elke vrou van geboorte het - die een met haar ma. Vir my is dit heel relevant - my ma is ook besig om te verswak - nou wel nie verstandelik nie maar liggaamlik. In Foxtrot van die liefde word Katalaya se ma se verstand al swakker maar haar liggaam hang hardnekkig aan - in Ver in die wereld Kittie is die teenoorgestelde die probleem. Die feit bly dit is nie maklik om oud te word nie en allermins maklik om dit te aanskou met jou eie ma.
Foxtrot van die liefde - Kristel Loots
Katalaya is funky en sestig (en mag ek tog op sestig so funky wees) en laat haar nie sommer onder kry nie. Maar nou gaan staan en los Franco haar en haar volwasse kinders dra by om haar silwerwit hare nog witter te maak. Katalaya se lewe is losweg net omver gegooi deur alles wat sy voel op haar afstorm.
In wat vir my haar grootste worsteling is moet Katalaya haar seniele bejaarde ma nog besoek en die verflenterende bande optel en styf hou. Tipies van haar ouderdom probeer sy uit die siekeboeg en haar senieliteit steeds beheer te kry oor Katalaya se lewe. Toe haar ma nog beweer dat 'n man met n Elvis kuif haar besoek in Huis Herfsblaar bars die sweer van die verlede oop en word sy bloot gestel aan die dinge watarvan niemand ooit gepraat het nie. In 'n pelgrimstog na haar verlede val soveel stukke in plek.
Bo alles gaan die boek oor verhoudings en familie dinamika. Katalaya worstel nie net met die verhouding met 'n ma wat verder van haar dryf omdat sy haar verstand verloor nie maar ook met haar verhouding met haar kinders wat besig is om in flarde te val. Natuurlik ook haar flenters huwelik.
Foxtrot van die liefde is alles behalwe jou tipiese liefdeseverhaal. Dit is soveel meer (met net genoeg romanse) en regtig 'n heerlike lees. Ek het soveel deernis gekry vir Katalaya. Ek wens sy was my vriendin. 'n Baie besliste 8/10 vir 'n heerlike lees met meer diepte as wat mens verwag van die voorblad greep.
Ver in die wêreld Kittie van Santie van der Merwe
Kittie word teruggeroep uit Engeland om haar ma wat pas 'n beroerte gehad het te versorg. Kittie het nie veel van 'n keuse nie - dit is haar beurt soos haar suster uitwys en bowendien het sy nêrens anders om heen te gaan nie as om terug te keer na die stowwerige dorpie van haar grootword jare.
Kittie moet die verlede wat sy so suksesvol verby presteer het vierkantig in die oe kyk. Sy wat altyd gevoel het asof sy die stiefkind, die ongeliefde een was moet die een wat haar die meeste te na gekom het, versorg. In die proses word soveel meer van haar verlede aan haar bekend - ook haar ma se geskiedenis. Soos wat Kittie se ma meer beheer oor haar liggaam wen werk Kittie deur soveel in haar verlede en albei word heel in die proses.
Hierdie boek het my baie diep geraak - nie net Kittie se agtergrond, verlies en hartseer nie maar ook haar ma s'n - en die res van die familie. Die verskillende maniere waarop die kinders met die swaarkry en verlies om gaan is word baie raak uitgebeeld. Wat my ook diep geraak het is die dele wat uit haar ma se stem geskryf is en hoe swaar dit moet wees om beheer oor jou eie liggaam te verloor terwyl jou verstand steeds skerp is.
Onthou daai rooi jassie in Schindler's list? In hierdie boek is daar ook 'n rooi jassie en hy het my net so diep geraak. Die hartseer en swaarkry in 'n enkele simbool vervat.
Hierdie boek is oor verhoudings en ja, daar is seker so klein liefdesverhaal versteek, maar bowenal is dit oor hoe een vrou haar verlede oorwin. Die boek is pragtig geskryf , vol sensitiwiteit en die besondere mooi omslag verdien ook om genoem te word.Lees geru - 9/10 vir 'n pragtige verhaal.

Tuesday, 28 March 2017
Dinsdag en tyd vir boeke - n lekker jeugboek vandag
If one good thing came out of my inactivity after my little accident, it is the reading. I have read more books in the last 3 weeks than what I usually read in about 2 months. So I have lots to talk about on Tuesdays, but today I start with a wonderful Afrikaans youth book - so if you are looking for a great series of books to improve your daughters' Afrikaans from about 12 (even for second langauge ) - read on.
Meeste van ons boekwurms se kinder herinneringe sluit boeke in. Ai die lekkerte van Saartjie! Saartjie en Trompie was vroeë leesgenot - kortop gevolg deur die Uile en die Lennet reeks. Maasdorp was nooit my gunsteling reeks nie - seker omdat Kobie net eenvoudig nie my tipe meisie was nie - maar was Saartjie dan? Ek weet nie regtig nie - my gunstelinge was steeds die onnutsige maar goedhartige Uile van Kranskop - al was ek 'n meisie. Wat ek wel weet is dat ek elke liewe Maasdorp boek gelees het ten spyte daarvan dat ek nie regtig van Kobie gehou het nie Die aantrekkingskrag was natuurlik die koshuislewe so lekker uitgebeeld daarin. Almal wou koshuis toe - hoekom dan nie? Dit klink asof alles lekkerder en meer avontuurlik is in Maasdorp koshuis as by ons eie huise in voorstedelike Pretoria/Kaapstad of Johannesburg.
Ons wil almal ons lees passie en lekkerte met ons kinders deel en daarom het ek gretig vir A die eerste Saartjie omnibus gekoop - net om deur my boekwurm ingelig te word dat dit regtig nie lekker lees nie. So ook Trompie vir die seuns - dit lyk asof alhoewel vermoderniseer, die stories nie ons kinders aanstaan nie. Toe ek dus later hoor dat die Maasdorp boeke, hoewel nuut uitgegee, nie regtig geniet word nie (ons het een by die bib uitgeneem en ja, is nie eers halfpad gelees nie) het ek so half in my mou gehuil oor die lekkerte van koshuisboeke wat my kinders nou gaan mis. Tot my groot plesier ontdek ek toe die Gravitas reeks van Christien Neser. Ek het voorheen oor haar briljante "Amper Einstein" geskryf en Christien is beslis iemand wat 'n jeugverhaal kan skryf wat volwassenes net so geniet.
Die opgewondenheid van my 12 jarige meisiekind by die sien van "Pienk Bikini" moes voorspel het dat sy en ek die boek gaan geniet. Ons het amper loodjies getrek so groot was die afwagting maar ek het ingegee dat sy eers lees aangesien ek 'n stapeltjie het wat wag op my bedkassie.
Prinses A skryf oor die boek: Pienk Bikini is die storie van Elle na sy verkies word as die hoofmeisie van Gravitas skool. Elle is baie opgewonde maar ter selfde tyd baie onseker oor haar nuwe rol. Sy betwyfel heel tyd of sy dit verdien en goed genoeg kan doen. Dan is daar nog Shia en haar inmengerige ouers wat net wag dat Elle 'n fout maak sodat Shia kan oorneem as hoofmeisie. Elle se werk met die kinderhuis se kleuters sorg vir 'n baie prettige maar op die ou end problematiese modderstoeigeveg. Ek het regtig lekker aan die boek gelees en was bly om al my gunsteling Gravitas karakters weer raak te loop in die boek - ek het reeds Koshuiskofiie en Blou Sjokolade gelees. Ek hou veral baie van Refilwe wat so 'n prettige vriendin is. Sy is altyd vrolik en sal jou nooit in die rug steek nie. Sy het ook vir my my nuwe gunsteling woord gegee - "gomverdorie" Hierdie was 'n heerlike boek!
My opinie: As volwasse leser het ek heerlik aan Pienk bikini gelees - dit is werklik een van daardie jeug boeke waarin die taal, storie en skryfstyl nie vir een oomblik sy jeugdige lesers en hulle ouers onderskat nie. Vir my was elke karakter en die hele Gravitas omgewing nuut en vars en n absolute lekkerte. Ek hou daarvan dat Elle effe onseker voorkom - dit is iets wat ek dink meeste meisies van die ouderdom mee sukkel - al mag hulle dit dalk self nie noem nie. Ek weet my dogter is soms onseker en ek dink dat Elle so suksesvol is ten spyte van dit is 'n heerlike aansporing vir die meisies. Dit is nie maklik om 'n tiener te wees nie en Elle en haar maats spreek daardie onsekerhede en angstigheid goed aan met 'n prettige ondertoon. Elle is beslis my tipe meisie en ek hou sommer baie van haar en haar vriende. Ek gaan beslis die ander Gravitas boeke in ons huis lees - en seker maak my Prinses A kry die res ook onder oë. Ek moet natuurlik ook soos sy Refilwe uitsonder as die aller lekkerste karakter. Sy is daardie een vriendin wat elke meisie of vrou nodig het - lojaal, prettig, positief en so effe astrant.
Die Gravitas of dan Elle reeks is ons keuse van geskenke vir die graad 6 meisies in ons "jaar van boeke as geskenke" Die boeke het als wat mens kan verwag van 'n goed gebalanseerde jeugreeks en elke meisie was tot dusver erg in haar noppies met haar geskenk.
Pienk Bikini kry van albei van ons af 'n vrolike pienk 9/10! Gomverdorie maar dit is 'n heerlike boek!
Meeste van ons boekwurms se kinder herinneringe sluit boeke in. Ai die lekkerte van Saartjie! Saartjie en Trompie was vroeë leesgenot - kortop gevolg deur die Uile en die Lennet reeks. Maasdorp was nooit my gunsteling reeks nie - seker omdat Kobie net eenvoudig nie my tipe meisie was nie - maar was Saartjie dan? Ek weet nie regtig nie - my gunstelinge was steeds die onnutsige maar goedhartige Uile van Kranskop - al was ek 'n meisie. Wat ek wel weet is dat ek elke liewe Maasdorp boek gelees het ten spyte daarvan dat ek nie regtig van Kobie gehou het nie Die aantrekkingskrag was natuurlik die koshuislewe so lekker uitgebeeld daarin. Almal wou koshuis toe - hoekom dan nie? Dit klink asof alles lekkerder en meer avontuurlik is in Maasdorp koshuis as by ons eie huise in voorstedelike Pretoria/Kaapstad of Johannesburg.
Ons wil almal ons lees passie en lekkerte met ons kinders deel en daarom het ek gretig vir A die eerste Saartjie omnibus gekoop - net om deur my boekwurm ingelig te word dat dit regtig nie lekker lees nie. So ook Trompie vir die seuns - dit lyk asof alhoewel vermoderniseer, die stories nie ons kinders aanstaan nie. Toe ek dus later hoor dat die Maasdorp boeke, hoewel nuut uitgegee, nie regtig geniet word nie (ons het een by die bib uitgeneem en ja, is nie eers halfpad gelees nie) het ek so half in my mou gehuil oor die lekkerte van koshuisboeke wat my kinders nou gaan mis. Tot my groot plesier ontdek ek toe die Gravitas reeks van Christien Neser. Ek het voorheen oor haar briljante "Amper Einstein" geskryf en Christien is beslis iemand wat 'n jeugverhaal kan skryf wat volwassenes net so geniet.
![]() |
| Heel gepas met 'n Cream Soda float in die hand gelees. |
Prinses A skryf oor die boek: Pienk Bikini is die storie van Elle na sy verkies word as die hoofmeisie van Gravitas skool. Elle is baie opgewonde maar ter selfde tyd baie onseker oor haar nuwe rol. Sy betwyfel heel tyd of sy dit verdien en goed genoeg kan doen. Dan is daar nog Shia en haar inmengerige ouers wat net wag dat Elle 'n fout maak sodat Shia kan oorneem as hoofmeisie. Elle se werk met die kinderhuis se kleuters sorg vir 'n baie prettige maar op die ou end problematiese modderstoeigeveg. Ek het regtig lekker aan die boek gelees en was bly om al my gunsteling Gravitas karakters weer raak te loop in die boek - ek het reeds Koshuiskofiie en Blou Sjokolade gelees. Ek hou veral baie van Refilwe wat so 'n prettige vriendin is. Sy is altyd vrolik en sal jou nooit in die rug steek nie. Sy het ook vir my my nuwe gunsteling woord gegee - "gomverdorie" Hierdie was 'n heerlike boek!
My opinie: As volwasse leser het ek heerlik aan Pienk bikini gelees - dit is werklik een van daardie jeug boeke waarin die taal, storie en skryfstyl nie vir een oomblik sy jeugdige lesers en hulle ouers onderskat nie. Vir my was elke karakter en die hele Gravitas omgewing nuut en vars en n absolute lekkerte. Ek hou daarvan dat Elle effe onseker voorkom - dit is iets wat ek dink meeste meisies van die ouderdom mee sukkel - al mag hulle dit dalk self nie noem nie. Ek weet my dogter is soms onseker en ek dink dat Elle so suksesvol is ten spyte van dit is 'n heerlike aansporing vir die meisies. Dit is nie maklik om 'n tiener te wees nie en Elle en haar maats spreek daardie onsekerhede en angstigheid goed aan met 'n prettige ondertoon. Elle is beslis my tipe meisie en ek hou sommer baie van haar en haar vriende. Ek gaan beslis die ander Gravitas boeke in ons huis lees - en seker maak my Prinses A kry die res ook onder oë. Ek moet natuurlik ook soos sy Refilwe uitsonder as die aller lekkerste karakter. Sy is daardie een vriendin wat elke meisie of vrou nodig het - lojaal, prettig, positief en so effe astrant.
Die Gravitas of dan Elle reeks is ons keuse van geskenke vir die graad 6 meisies in ons "jaar van boeke as geskenke" Die boeke het als wat mens kan verwag van 'n goed gebalanseerde jeugreeks en elke meisie was tot dusver erg in haar noppies met haar geskenk.
Pienk Bikini kry van albei van ons af 'n vrolike pienk 9/10! Gomverdorie maar dit is 'n heerlike boek!
Tuesday, 7 February 2017
Dinsdag en dit is lekker boeke dag!
Ek het 'n liefde vir Ierse skrywers - daar is vir my baie ooreenkomste tussen die Iere en my eie ou volkie. Natuurlik het heelwat van ons 'n lekker tikkie Ierse bloed iewers ook maar dit is hoe ons en hulle familie benader wat my in besonders tref - en natuurlik die Italianers ook. Behalwe vir die hoog aangeskrewe skrywers soos Frank McCourt ("Angela's Ashes" moet die moderne Ierse boek wees om te lees) en Roddy Doyle wat so raak die Ierse samelewing saamvat ("The Commitments" is my gunsteling en "The Woman that walked into doors" is uitsonderlik ) is daar 'n hele string skrywers wat so in die ligte luim skryf. My gustelinge onder hulle is Marian Keyes (lees haar "This Charming Man" ) en dan ook Sinead Moriarty - sy het die talent om heerlike stories oor gewone families en gewone goed wat gebeur lekker en met genoeg humor te vertel. My gunsteling boek van haar is "Me and my sisters" - so lekker familie storie oor drie susters wat almal op een of ander manier hulself moet bymekaar skraap om deur iets te gaan wat hul wêrel omver gooi - en dit regkry met hul susters se hulp. Gits ek wou nog altyd susters gehad het.
Ek was dus heerlik verras om in Bernette Bergentuin se "Stilettos' van Staal" 'n heerlike Afrikaanse storie van drie susters te ontdek wat my net so vermaak het. Sy het dieselfde talent as Sinead Moriarty om families met deernis te ondersoek met 'n lekker storie. Die boek spreek van familie en liefde en hoe situasies daarin hanteer word. Lona, Vanessa en Sienna Beauman het elkeen hul unieke persoonlikheid en unieke stel probleme op die oomblik dat hul pa besluit om die familie besigheid in 'n openbare maatskappy te omskep. Elke vrou gaan iewers aanklank vind by een (of meer ) van die susters - Lona wat op 'n laagtepunt swoeg deur babas en kleuters met 'n lyf wat dit wys, Vanessa wat as professionele vrou besef die lewe bestaan uit meer as werk en Sienna wat sukkel om te voldoen aan haar familie se verwagtinge wat haar studies betref . Die dogters van 'n Afrikaanse pa en Italiaanse ma beweeg in die warmte van 'n heerlik vermengde famlie.
Wat ek werklik geniet het was die heerlike Pretoria verwysings - natuurlik aangepas om soms by die storielyn te pas (en sommige verouderd met nuwe verwikkelinge in Hatfield) - maar ek kon die karkaters in my geboortestad en Alma Mater sien en volg. Tukkies se kampus weer herleef en indrink.
Stiletto's van staal is 'n heerlike ligte romatiese komedie oor familie en susters. Die liefde en grappies, die onderstrominge en die hartseer. Ek het die boek werklik geniet en gaan besis nog van Bernette Bergentuin se boeke lees. 'n 7/10 vir lekker lees en ontspan.

Tuesday, 17 January 2017
Dinsdag - en tyd vir boeke
Inspekteur Derek Briel vermy Luderitz al lank - sy grootword dorp waar sy pa steeds bly. Totdat hy geen keuse gelaat word nie en soontoe gestuur word om die moord op die Jurgen troost te ondersoek - 'n moord waarvan baie van die feite net nie sin maak nie. Sy vrou is vies oor hy soontoe moet gaan en praat nie eers met hom nie en boonop is hy hond siek en voel hy kan nie reguit dink nie. Die teenwoordigheid van sy skool verliefdheid, sy juffrou Lena wat boonop sy pa se buurvrou is, help nou nie eintlik om sy kop helder te hou nie.
Konrad skryf 'n effe anders spanningsverhaal met twee storielyne - een wat 'n groot deel grootword verhaal insluit in die terugflitse na Derek se skooldae en dinge wat toe gebeur het en hoe dit sy lewe vandag beinvloed. Die ander is natuurlik die hedendaagse en word parallel vertel.
Die skrywer skep weereens 'n wonderlike omgewing en atmosfeer vir die verhaal - die mistigheid en reuke wat in Luderitz rondhang word so deel van die verhaal dat dit amper 'n karakter op sy eie is. Dit is een van Isa Konrad se skryfelemente wat ek regtig baie geniet. So ook die ou huis waarin Lena bly - mens kan hom duidelik in jou kop teken. Met dit saam moet ek melding maak van die besondere mooi taal wat sy gebruik in die boek - beskrywend sonder langdradigheid.
Die spanningslyn het 'n goeie pas en die ontknoping is meesterlik en was vir my onverwags. Ek lees vreeslik baie spanningsverhale en as 'n skrywer my onverwags vang is dit werklik goed gedoen. Daar is heelwat karakters wat elkeen volledig ingekleur is. Wat egter vir my uitstaan van hiedie boek is die motiewe wat herhaal en die lyn in die twee verhale deurtrek - motiewe soos metastase, skande en kanker. Auschwitz word ook as 'n motief en die gebeure daar rondom in ons kollektiewe geheue word opgeroep en trek deur die boek.
Die Ondenkbare is 'n meesterlike boek en 'n uitstekende lees. 'n Wonderlike grootword verhaal in die tradisie van Stephen King se "The body" (jy sal dalk die fliek "Stand by me" beter onthou) en soveel ander verhale oor hoe een gebeurtenis 'n kind tot grootword kan dwing in 'n oogwink. Lees gerus - jy gaan beslis nie spyt wees nie - 9/10.
Tuesday, 27 December 2016
2016 - My year in books
I had such an amazing reading year - honestly it's been one of the better ones. Although I have not reviewed every book I have read I have at least reviewed the best ones. To ask me to give you "my best book of 2016" is a bit like asking me to tell you which of my 3 kids is my favorite - totally impossible and extremely unfair. So I give you the following (bilingual as books go in my little space in the computer) based on what I read this year of course, and not as the best books released this year.
1. I am Pilgrim by Terry Hayes reviewed here -spies, adventures, galore!
2. Recipe for love and murder - A tannie Maria Mystery by Sally Andrew - reviewed here
totally unexpected and unique in every way . A great local read.
3. The husband's secret by Liane Moriarty - reviewed here - a great book touching the issue of community responsibility and the moral question on poetic justice (or not)
and a special mention to:
The curious charms of Arthur Pepper by Phaedra Patrick reviewed here - a most charming read.
2. Offerlam/Offerande tweeluik van Chanette Paul - my kort resensie oor Offerlam hier. Ek het sopas Offerande klaar gelees en in my vakansie roetine nog nie by 'n ordentlike resensies van die tweeluik uitgekom nie (beplan wel een in die nuwe jaar) maar ek kan maklik sê dat van my heerlikste leesure hierdie jaar in Caz se geselskap plaasgevind het.
3. Die Soenoffer - Isa Konrad - my resensie hier - een van die beste sielkundige rillers wat ek nog ooit gelees het.
en 'n spesiale vermelding aan:
Oorlewingsgids vir 'n bedonnerde Diva van Sophia Kapp - my resensie hier - lees as jy
n vrou is - of selfs al is jy nie. Jy kan nie hierdie boek mis nie.
Isa Konrad - ek het nou 3 van haar boeke gelees en elkeen vreeslik geniet. Sy is 'n meester wat atmosfeer en plek skep betref.
So there you have it - my year in books. What was your best books this year and did you abandon any? Any new favorite writers?
Book of the year (English): I could not choose just one (or the planned 3) because there is very little to choose for me between numbers 3 and 4
1. I am Pilgrim by Terry Hayes reviewed here -spies, adventures, galore!
2. Recipe for love and murder - A tannie Maria Mystery by Sally Andrew - reviewed here
totally unexpected and unique in every way . A great local read.
3. The husband's secret by Liane Moriarty - reviewed here - a great book touching the issue of community responsibility and the moral question on poetic justice (or not)
and a special mention to:
The curious charms of Arthur Pepper by Phaedra Patrick reviewed here - a most charming read.
Boek van die jaar (Afrikaans): By ver my moelikste keuse
1. Koors deur Deon Meyer - my resensie hier. Na lang oorweging moes die boek vir my wen bloot omdat Meyer gewaag het so ver uit sy gewone genre en dit so vrek goed gedoen het!
2. Offerlam/Offerande tweeluik van Chanette Paul - my kort resensie oor Offerlam hier. Ek het sopas Offerande klaar gelees en in my vakansie roetine nog nie by 'n ordentlike resensies van die tweeluik uitgekom nie (beplan wel een in die nuwe jaar) maar ek kan maklik sê dat van my heerlikste leesure hierdie jaar in Caz se geselskap plaasgevind het.
3. Die Soenoffer - Isa Konrad - my resensie hier - een van die beste sielkundige rillers wat ek nog ooit gelees het.
en 'n spesiale vermelding aan:
Oorlewingsgids vir 'n bedonnerde Diva van Sophia Kapp - my resensie hier - lees as jy
n vrou is - of selfs al is jy nie. Jy kan nie hierdie boek mis nie.
Youth/Young adult book of the year: (an Afrikaans choice)
'n Goeie dag vir boomklim van Jaco Jacobs - lees hier. Jaco is 'n meester en ek en my 11 jarige dogter was albei gaande oor hierdie middelkind grootword storie.
New writer discovery of the year: (English)
Sally Andrew - I am busy with the second Tannie Maria mystery and it is possibly even better that the first one. A new style and voice and local to boot.
Nuwe skrywer ontdekking van die jaar: (Afrikaans)
Isa Konrad - ek het nou 3 van haar boeke gelees en elkeen vreeslik geniet. Sy is 'n meester wat atmosfeer en plek skep betref.
The book I abandoned this year:
A year of Marvelous Ways by Sarah Winman -it has great reviews everywhere but I found it slow, over descriptive and very static. I loved "When God was a rabbit" also written by her but not this one.So there you have it - my year in books. What was your best books this year and did you abandon any? Any new favorite writers?
Tuesday, 13 December 2016
Dis Dinsdag - tyd vir boeke
As 'n enigste kind was lees vroeg in my lewe al 'n toevlug. 'n Toevlug uit alleen wees, uit verveeld wees en ontsnap na 'n wêreld buite jou eie. In graad 2 moes ek aan die skool biblioteek juffrou bewys dat ek goed genoeg kan lees om boeke te kon uitneem uit die groter kinders se afdeling. Na my juffrou se insette is ek toegelaat my te verlustig in Liewe Heksie, Pippie Langkous, Trompie en Saartjie. So het ek baie vinnig myself deur dit wat toe beskikbaar in Afrikaans gewerk - dis net Maasdorp wat my nooit regtig geinteresseer het nie. Maar Die Uile was my absolute gunsteling tot ek Frits Deelman en die Lennet boeke ontdek het. In Engels is elke liewe Enid Blyton boek verslind en Nancy Drew en die Hardy Boys. 'n Lekker speur storie was maar altyd my kos - van vroeg af. Dit is daarom so heerlik om my Prinses te sien lees - ek sien myself op dieselfde ouderdom - met dieselfde lekker en uitdagings - en presies dieselfde Nancy Drew boeke!
Gou het ek myself dus so half sonder nuwe leesstof bevind - tot my Ouma Anna (sy was 'n besondere vrou - ek het hier oor haar geskryf) besluit het ek is oud genoeg vir haar Ena Murray boeke en selfs Danielle Steel. Ek het stadig deur haar boekrak gewerk - hier al op laerskool. Vir my 12de verjaarsdag het ons buur tannie haar eie boek vir my gegee - "Waardin in die Wolke" - ek was heel verstom om te ontdek Tannie Ettie (Bierman) was 'n skrywer. So het ek al haar boeke ook verslind.
By die biblioteek in Waverley was daar twee tannies - een wat altyd geglimlag het en my enige iets laat uitneem het, en een wat kwaai oor haar bril geloer het en vir wie ek altyd moes oortuig ek het regtig al deur die kinder afdeling gewerk. Hier in standerd 5 kyk die kwaai tannie eendag na my Mills and Boons hopie vir die dag en sug. "Nee wat my kind", sê sy. "Los hierdie - kom saam". En sy prop "The Hobbit " in my hand - en "Dune" van Frank Herbert en "The Clan of the Cave Bear". En dit was die einde van my belangsteling in enige boek wat as romanse bestempel kan word. 'n Hele nuwe wêrel het vir my oopgegaan.
Dus was dit vir my 'n onverwagse uitdaging toe ek gevra word om "Wilde hawer" van Madelie Human te lees.
Wilde klawer is 'n omnibus met 3 Romanza boeke - "Om Ben lief te hê", "Om Dirk te tem" en "Om Kobus te ken". Ek het so langtand begin lees aan die eerste boek en voor ek my kon kry het ek was ek vinnig deur die boek - en gaan toe maar sommer aan met die tweede een en die derde een.
Alhoewel ek dood eerlik moet erken dat hierdie nie my gewone koppie tee is nie, het ek werklik lekker gelees. Verbasend - maar dit is wat gebeur as jy jouself buite jou gewone gemaksone uitdaag. Jy mag dit dalk net geniet. Ek dink wat die verskil was van die gewone liefdesverhaal is dat Madelie Human romanse uit 'n komiese oogpunt benader - en dit maak al die verskil. Dink "When Harry met Sally" in 'n Afrikaanse boek. So bietjie tong in die kies oor die liefde en die tipiese slaggate rondom dit.
As jy hou van romantiese komedies is hierdie heerlike vakansie leesstof. Dit is ook 'n baie oulike Kersgeskenk vir enige iemand in jou lewe wat van hierdie genre hou.
Boheem van Chanette Paul
Kayla Cilliers (voorheen Katrien Bresselaar) beland op die kunstenaarskolonie Bohemia met 'n verlede vol geheime - net om haar in 'n moord vas te loop. Sy kan hierdie komplikasie in haar lewe nie regtig bekostig nie - veral nie met haar vingerafdrukke op die moordwapen nie.
Hierdie is die derde boek in Chanette Paul se Gys Niemand reeks wat afspeel in die Niemandsdorp omgewing. Gys, Gertjie en die nimlike Faantjie Fortuin (my gunsteling van die trio) is na Springety en Fortuin al ou bekendes. Dit is volgens my een van die lekkertes van hierdie reeks - elke storie is uniek, spanningsvol en vol intriges maar 'n mens voel tuis in die bekendheid van die drie deurlopende karkaters.
Boheem is gevul met heerlike kunstenaar karkaters soos wat die omgewing van die boek toelaat. Judy was vir my 'n gunsteling wat kleurvol beskryf word - maar elke karkater in die boek is lewensgetrou - in hierdie geval meestal in hul eie eksentrieke denke. Dit is maklik om 'n prentjie te vorm sonder dat die skrywer in lang beskrywings verval.
Die storie is tipies van die reeks deurlopend op 'n spanningslyn geskryf met 'n bietjie komedie ter verligting gesprinkel. Ek het veral geniet hoe die magspel selfs in so 'n omgewing tussen karakters uitgespel word -in 'n omgewing waar mens nie so iets verwag nie - of moet mens juis? Is kunstenaars verhewe bo die soek na mag en erkenning of is hul juis soveel te meer soekend daarna? Getrou aan die reeks sal daar wel romanse iewers ter sprake wees maar sonder om noodwendig die storie se lyn te beinvloed of oorheers.
Twee vrae bly by my - gaan Gys en Gertjie ooit bymekaar uitkom? En wanneer gaan die Visvrou se misterie verduidelik word?
Boheem is 'n heerlike boek en perfekte vakansie leesstof. Die Gys boeke word almal tans weer uitgegee met pragtige nuwe skudblaaie. 9/10 vir 'n uitstekend geskryfde boek.
LAPA het die boeke aan my verskaf vir resensie doeleinde - die opinies hier uitgespreek is egter 100% my eie
Tuesday, 22 November 2016
Dinsdag - tyd vir boeke!
Ek is steeds aangenaam verstom oor die wonderlike hoeveelheid goeie Afrikaanse spanningsverhale wat deesdae verskyn. Dit 'n fees van lekkerte vir aanghangers van die genre. Dit was dus vir my 'n ware fonds toe die boeke van Isa Konrad my pad gekruis het. Ek kan nie dink dat ek tot nou toe nog nie haar werk onder oë gehad het nie. Die twee boeke wat ek gelees het is egter elkeen 'n perd van 'n ander kleur en wys hoe 'n veelsydige skrywer sy is.
Moord op Karibib - Isa Konrad
Alet se lewe is op 'n totale laagtepunt toe sy stukkend en verneder op Karibib beland - net om haar vas te loop in 'n moord en die gepaardgande intriges wat op alle klein dorpies voorkom. Die sterwende man uiter sy laaste woorde aan haar en voor sy asem skep is sy betrokke in die moordondersoek.
Die boek het 'n opwindende storielyn wat vinnig beweeg en baie lekker lees. Die karakters is heerlik - kleurvol en volrond in meeste gevalle. Konrad skryf baie beskrywend sonder om langdradig te wees en ek kon baie maklik n prentjie van elke karakter in my kop in detail vorm - soveel so dat ek sommige amper kon ruik. Haar atmosferiese beskrywings van die omgewing is net so raak en mens beweeg met gemak in jou kop na Karibib en die plase daar rondom.
Alet self was die een karakter wat my effe geiriteer het - soms wou ek haar net aanpor om haarself reg te ruk en aan te beweeg. Sy is net te mooi, te ryk en te slim om op te tree soos sy soms doen. Miskien laat sy mens effe jaloers en dan wonder jy hoe sy van alle mense beland waar sy het? Nietemin spreek dit van hoe goed Konrad haar karakters aan mens voorstel dat jy so betrokke word by een van hulle. Wat my ook opgeval het is die omslag - as ontwerper stel ek altyd belang in die omslae en die effek daarvan op die leser. Ek dink werklik hierdie een dra vir my bitter min by tot die boek se atmosfeer en mag dalk 'n invloed gehad het in my siening van Alet.
Ek het redelik vroeg in die boek een stukkie van die ontknopings legkaart geraai maar selfs dit het nie die finale einde totaal uitgespel nie en die laast paar bladsye was van die "kan nie neersit nie" gehalte.
Moord op Karibib is 'n heerlike spanningsverhaal en 'n uitstekende vakansie lees. Ek gee die boek 'n 8/10 vir suiwer lees genot . As jy van Chanette Paul se spanningsverhale hou of 'n Lee Child aanhanger is, is ek seker hierdie boek sal so reg in jou kraal val.
Die Soenoffer - Isa Konrad
Wessel Janke word gestuur na Pretoria om daar 'n onderhoud te voer met een van Suid Afrika se skokkendste moordenaars ooit - 'n vrou wat as kind 'n reeks moorde gepleeg het. Haar agtergrond is seker van die haglikste wat mens kan indink en stadig leer Wessel haar ken as veel meer as net 'n reeksmoordenaar.
Die atmosfeer deur die hele boek is donker en ongemaklik wat bydra om die hele toon van die boek te stel. Konrad beskryf dit so goed dat jy self ongemaklik en angstig voel net soos Wessel. Ek sal nooit weer dieselfde voel oor die Jakaranda bome in my stad nie. Die minder mooi ontbindende blomme in die strate vervang die mooi wat ek so geniet elke jaar.
Die storielyn beweeg in tyd en gee die agtergond wat nodig is om insig in die reeksmoordenaar se lewe te kry. Die poisie verslae verskaf die feitlike inligting en afwisseling waar die emosionele amper oordonderend word. Ek wil nie veel oor die karakters sê nie omdat dit so reuse deel van die storie vorm maar hulle is almal goed ontwikkel en volrond. Daar word ook heel tyd alle kante van die karakters aan jou uitgewys en jy raak self betrokke in jou evaluasie van nie net die moordenaar se motiewe en karakter nie maar van elke ander van die hoofkarakters.
Die omslagontwerp van hierdie boek is vir my uitstekend gedoen en gee die donker atmosfeer en amper ongemaklike gevoel alreeds deur.
Hierdie boek is meesterlik geskryf en die ontknoping skokkend - selfs al raai jy 'n deel daarvan is dit seker een van die moeilikste laaste twee bladsye wat ek ooit gelees het.
Die Soenoffer is 'n sielkundige riller uit die boonste rakke. As jy van Mo Hader, Gillian Flynn of Lauren Beukes se boeke hou gaan hierdie een jou voete onder jou uitlsaan. Baie sensitiewe lesers moet dalk oorweeg of hulle kans sien vir hierdie skokkende verhaal. Ek gee Die Soenoffer 10/10.

Tuesday, 8 November 2016
Tuesdag booksdag - of weereens vandag Dinsdag boekdag!
I will be back next week with an English book review but today it's two Afrikaans books. I am always astounded by the high reader numbers for my Afrikaans book reviews so I love doing them.
Vroeër die jaar het ek my eerste Irma Venter boek gelees - "Skarlaken" wat 'n heerlike lees lekkerte vir my was en die ontdekking van 'n nuwe (vir my) Afrikaanse skrywer om te lees. Ek was dus opgewonde om haar ander boeke te lees. Ongelukkig het ek nie kop gehou of besef dat die eerste drie boeke wel tot 'n mate 'n reeks vorm nie en het ek 'Skrapnel" voor "Skoenlapper" gelees. Dit het my leesgenot van "Skoenlapper" beinvloed omdat ek soveel van die verloop van die verhaal afgelei het van "Skrapnel". "Sondebok" is nou in my visier vir lees en ek is bly ek het hom wel nie voor die ander twee gelees nie. Ek kon nie aflei dat "Skarlaken" enigsens volg op die ander 3 nie maar karakters herhaal wel en ek glo mens kan hom onafhanklik lees.
Ek moet hier ook noem dat die omslag kunswerk werklik mooi is en ook visueel die idee van 'n reeks versterk.
Skoenlapper - Irma Venter
Alex ontmoet vir Ranna 'n bekroonde en baie aantreklike fotograaf by 'n troue buite Dar es Salaam. 'n Aantrekkingskrag en liefde volg vinnig vir Alex wat glo chaos volg hom altyd, en die swarthaar krulkop vrou met 'n geheimsinnige verlede. Dan word 'n Amerkiaans IT miljoener vermoedelik vermoor en skielik word die chaos om Alex meer en meer terwyl sy twyfel in Ranna groei.
Aanvanklik het die boek vir my effe stadig beweeg maar die karakters is werklik interessant en die sekondêre karakters vul goed aan.
Ek vermoed dat ek die boek baie meer sou geniet het as ek hom eerste gelees het - maar steeds 'n goeie stewige 7/10.
Skrapnel - Irma Venter
Sarah Fourie ontmoet ons vlugtig in "Skoenlapper" maar in Skrapnel word sy een van die hoof karakters. Alex word ontvoer terwyl hy besig is om 'n artikel te ondersoek oor onwettige myn bedrywinghede. Sarah spoor Ranna in Indië op om haar te help om Alex te vind en so ontvou nie net die storie van die ontvoering nie maar ook van Ranna se verlede.
Die boek se pas was vir my baie vinniger as Skoenlapper en ek was van die begin af vasgenael. Die storie ontwikkel vinnig en het 'n heerlike onverwagte ontknoping met nog ander verassings deur die boek. Ongetwyfeld is Sarah een van my gunsteling fiksie karakters en kan ek nie wag om haar weer in 'n boek raak te loop nie.
9/10 vir'n heelike lees - maar lees eers Skoenlapper!

Tuesday, 15 September 2015
Books and more books
Reading has been a bit slow in my world over the last few months. So I am grouping the books from June to August. I have read quite a variety of books - I am sure you will find something here that you can enjoy.
I loved "Wolf hall" - the first book in the series about Thomas Cromwell and Henry the 8th and his escapades. Granted, Mantel is not everybody's cup of tea and the writing style is something to get used to. Bring up the bodies is as brilliant as "Wolf hall". Full of intrigue, mischief and odd old customs and backstabbing. I have to mention that in general I am not one for historical fiction but these books are pure brilliance. It took me ages to get through but I am eagerly awaiting the next book in the series. 9/10
A story about a mother and daughter and their lives in a little knitting shop in New York. I would classify this under womans fiction and it is a good enough read (best description I can think of). I enjoyed it to the end but will not recommend it to all and sunder or go out and buy it to read again. Sort of a good read if its lying around in a holiday cottage. 6/10
I have learned that not all Jojo Moyes books are created equal and if you are looking for "Me before you" or "The girl you left behind" in every one of her books you will be disappointed. Read them for what they are and they will all be good books - maybe not brilliant but good staple well written reads. I got this one for free on Kindle from Amazon one day and it was truly a nice light and relaxing read.
7/10
'n Wonderlike jeugboek wat temas soos eerste liefde, siekte en die dood op 'n gemaklike manier hanteer. Ek lees nou en dan kinderboeke wat my kinders spesifiek geniet en is regtig bly dat ek my dogter van 10 se advies geneem het en hierdie boek ook gelees het. Behalwe dat dit vir my ook 'n heerlike leeservaring was het dit my baie insig gegee in hoe kinders rondom siekte en die dood dink en funksioneer. Wat ook insiggewend is is hoe kinders na mekaar kyk en die verskillende faksies wat daar in die kinder gemeenskap heers. Hoe dit voel om miskien effe "anders" te wees of dalk baie gewild te wees. Lees gerus - selfs al is jy n grootmens en veral wanneer jy kinders in die 10 jaar plus ouderdomsgroep het. 9/10
I had this book lying around in the house for a while and when I was down with a tummy bug and basically to weak to read anything that required much thinking I grabbed it. What a delight to visit Mma Ramotswe once again in the delightful Botswana that is so very close to her heart. This series has no intentions to ever be high literacy but is delightful and fun to read. BTW ever seen the British TV series? Just as delightful. 7/10
I have never read a Karin Slaughter book before and was so pleasantly surprised. She is such a good crime writer - I am planning to find and read more of them. A story full of intrigue and great characters. 8/10
What a book and what a story! I was totally gripped by it and thoroughly enjoyed reading it. Warped and unusual characters and a great ending. I have to say that I liked it a lot more than Gone girl and think it is a better story too. It is however a very disturbing read. Absolute brilliance! A must read if this is your type of book.9/10
So, what are you reading at the moment? I am as usual busy with 3 books at the same time. And do you ever read more than one book at a time? Have I inspired you to read any of the books above?

Monday, 4 May 2015
Books I read during March/April
Following on a post from Marcia on Saturday I realized that I actually want to do the book reviews maybe a bit too well (its that let go of perfection thing) and that maybe it will be way better to do shorter, easier reviews every month or so rather than just not getting to them.
Up to date I have read less books this year than in the last few years, possibly due to a love for really nice thick books, and sometimes the rather more difficult reads.I am presently reading "Bring up the bodies" (Hilary Mantel) as example. I usually average about 3 books a month but only read two per month for both April and May. But it was 4 really good ones.
"Wake" by Anna Hope
Taking place over 5 days in London in 1920 this books features 3 women and the impact WWI had on them and their loved ones. It also plays on the 3 meanings of the word "wake" - ie a ritual for the dead, to rise/wake in the morning or the aftermath of an event. As the book progress each of these meanings are featured as underlying theme. Great characters and lots of heart I totally love this book and gave it 9/10
Nan&Jeannie by Chanette Paul
A light read - womans fiction in Afrikaans but it had me spellbound all through it (and its not a short read). A great bit of light escapism. I gave it a 7/10
Ikarus by Deon Meyer
Deon Meyer is both my favorite Afrikaans but also my favorite thriller /murder mystery writer so I may be a tad prejudiced. One of his best books to date it is a real page turner with great characters we know and love. Here follows the Afrikaans book review: Ai, wat n genot. Ek tel altyd die maande en dae af tot die volgende Meyer verskyn. Hy is 'n meester storieverteller, wonderlike pa vir uitsonderlike karakters. Wat ek veral in hierdie boek geniet het was die baie verwysings na wat presies tans aangaan - iPhones en vingeridentifikasie, beurtkrag maak sy verskyning en Oscar Pistorius se saak word genoem. Mens voel net vreeslik tuis in die tyd waarin dit afspeel. En dan my gunsteling Meyer karakter - Mbali Kaleni (wat jy dalk gaan onthou as die KFC etende slimpkop enigste swart vrou tussen die Valke) wat Deon Meyer so lekker bevordering gegee het. En sy doen banting en eet nie meer KFC nie - en vertel hoe Prof Tim speckled eggs as gif sien. Heerlike leesgenot. 'n Absolute treffer met 'n wonderlike spanningslyn wat jou tot op die heel laaste bladsy laat raai. 10/10
The Son by Jo Nesbo
Pure Nesbo brilliance! The book had me riveted right to the end. What I loved was that he plays with the readers sympathies all through the book and use revenge as the main theme. This is not a Harry Hole mystery but that did not even matter to me - a great great read. 9/10
So here you have a few reading suggestions. Any from your side?

Labels:
afrikaans,
book reviews,
books,
Cat's bookclub
Wednesday, 20 July 2011
March 2011 - Book 7
Plaasmoord van Karin Brynard
Plaasmoorde het nog nooit werklik in die Noord-Kaap hulle brutale verskyning gemaak nie, maar 'n jong vrou word op haar plaas brutaal vermoor. By dit alles neem die vee diefstalle in die kontrei dag vir dag toe.
Aanvanklik wou ek dlag nie die boek lees nie want die onderwerp ontstel my geweldig. Maar op aandrang van 'n vriendin her ek dit 'n kans gegee en gelees en wat 'n storie! Heerlike karakters en 'n uiters spannende en ingewikkelde storielyn maak hierdie 'n heerlike en fasinerende lees. Gooi 'n bietjie politiek by en jy het 'n wenner.
Dit mag onregverdig wees om die skrywer met Deon Meyer te vergelyk (aan wie sy erkenning as 'n mentors figuur gee), maar die boek vergelyk goed terwyl dit die unieke kenmerke van die skrywer toon.
Sterk aan te beveel as jy van die tipe fiksie hou - 'n wel verdiende spannende 8/10
Labels:
8/10,
afrikaans,
book 7,
Karin Brynard,
march 2011,
thrillers
Monday, 18 July 2011
July 2009 - book 22
'n Tapisserie met klein diere van Erika Murray-Theron
Ek was aangenaam verras deur hierdie boek - ek het altyd gedink dat die skrywer jou tipiese Afrikaanse romantiese boeke skryf. Maar nee, sy skryf meesterlike stories wat ver buite die gewone raamwerk span.
In hierdie boek ontmoet 'n uiters komplekse en diverse familie mekaar vir 'n soort van reunie rondom 'n vakansie. Die uiteenlopende karakters, wat elkeen op sy eie manier tot jou spreek, het ook uiteenlopende geskiedenisse, fyn verweef met mekaar. Dan is daar ook die geraamtes in die familiekas wat ontbloot word.
Werklik 'n goeie en verrassende lees - 8/10
Labels:
8/10,
afrikaans,
book 22,
Erika Murray-Theron,
July 2009
Subscribe to:
Posts (Atom)

%2B(sorted%2Bby_%2Bdate%2Bread)%2B(cover%2Bview).jpg)