Showing posts with label Deon Meyer. Show all posts
Showing posts with label Deon Meyer. Show all posts

Tuesday, 27 September 2016

Tuesday booksday - en tyd vir 'n Afrikaanse book resensie



As 'n mens se gunsteling misdaad skrywer 'n totaal ander veld betree is jy versigtig om soos gewoonlik, die eerste een te wees wat die boek koop. So het ek toe gewag dat die boek eers beskikbaar was in ons boekklub en toe hom opgeraap en dadelik begin lees. En so het my eie persoonlike Koors ontwikkel. Een om op elke moontlike oomblik te sit en lees. Om die boek so gou as moonltik in te gulsig. Wat 'n heerlike lees fees!

Deon stel 'n soort post apokaliptiese Suid Afrika aan ons voor deur die oë van 'n volwasse Nico Storm - maar ook gereeld deur ander karakters in die boek se vertelpunt. 'n Suid Afrika nadat 95% van die wêrel se bevolking deur in virus vernietig is. Nico vertel hoe hy en sy pa die Koors ontsnap het en 'n nuwe nedersetting in die ou Vanderkloof gestig het. Later Amanzi genoem, vorm 'n groep mense wat werklik strewe na 'n nuwe suksesvolle lewe. Soos met enige georganiseerde struktuur is die verskillende oogpunte en faksies gou duidelik. Meyer ondersoek die mens se verskillende reaksies op 'n probleem en hoe die sosiale maar ook persoonlike dinamika afspeel.

Wat ek veral van die boek geniet het was hoe versigtig Meyer sy navorsing gedoen het en hoe selfs klein dingetjies sin maak as mens daaraan dink. Hoe mense verskillend sal reageer op die krises. Hoe diere sal optree en verander. Watse tegnologie steeds bruikbaar of aanpasbaar sal wees. Wat sal gebeur met natuur reservate, damme, sluise en die klimaat in geheel. Die hipotese is gestel en versigtig ondersoek. Ek het soveel keer terwyl ek lees gedink - ja, natuurlik is dit iets wat kan of sal gebeur.

Van die begin af egter besef jy dat tot 'n mate is hierdie wel 'n speur storie - is daar wel 'n moord gepleeg - en dat dit wel 'n spilpunt van die storie is. Die ontknoping en einde is totaal onverwags. Dit behoort sy mees getroue leser tevrede te stel.

Ek vermoed ook dat Meyer 'n nuwe groep lesers gaan wen met hierdie - die jong volwassene mark is bekend vir hulle liefde vir appokaliptiese/distopiese tipe verhale - dink maar aan die Divergent en Hunger games reekse. Lees gerus met 'n oop gemoed as jy 'n Deon Meyer bewonderaar is- en vermy om Bennie of Lemmer te soek. Hulle is nie daar nie en hulle is nie nodig in die storie nie. Koors het sy eie pakkie heerlike kleurvolle karakters.

Vir my 'n 10/10 boek vir 'n heerlike lees in 'n nuwe en oorpsronklike rigting.

The book will be available in English in 2017 - do not miss it! Well deserved 10/10

Thursday, 14 July 2011

April 2011 - Book 9

Proteus van Deon Meyer
'n Xhosa man op 'n groot BMW motorfiets, genaamd Thobela(Tiny) Mpayipheli, jaag na Lusaka met 'n harde skyf gevul met staatsgeheime. Hierdie oenskynlik eenvoudige handeareider by 'n motorfiets winkel ontglip keer op keer die elite Presidensiele Intillegensie eenheid, bewapen tot die uiterste met die beste wat tegnologie kan bied.

Soos die storie ontwikkel, ook in die media word sy agtergrond as ex KGB sluipmoordenaar  oopgekrap tot die frustrasie van Janina Mentz en veral Tiger Mazibuko.

'n Spannende en meesterlik geskryfde riller uit die wereld van spioene , tipies van Meyer se ongekompliseerde styl. Totaal aangrypend, selfs met 'n tweede lees.

'n Welverdiende 10/10. Briljant.