Wednesday 13 June 2018

'n Lekker boek - Uit die Bloute

Ek het regtig so lank laas beoke gesels en ek het soveel lekkertes om te deel. Ek spring dus sommer weg met hierdie een

Kyk daar is vlakke van lekkerlees - die diepste valk vir my is die een waar ek selfs ry met die boek en by elke verkeerslig so paar sinne lees tot die taxi agter my vir my toeter. Dit is daardie vlak van lees wat my sedert die naweek so vasgenael het aan "Uit die Bloute" van Chanette Paul.
Daar is 'n besondere lekkerte in reekse en karakters wat herhaal - 'n mens ontwikkel 'n verhouding met die karakters en opinies word redelik sterk gevorm. Jy voel sommer tuis tussen hulle. Daarom was dit heerlik om weereens Jojo te kan vergesel deur nog 'n avontuur waar Irene en Valk ook weer betrokke is.Oor die karkater van Jojo kan ek boeke skryf - die lekkertes in 'n speurder soos sy is vir my groot. 'n Vrou na my hart. Irene het vir my in hierdie boek meer na vore gekom en ek moet erken dat ek met heel ander oë na haar kyk. Die karkaterontwikkeling by haar is groot. Nog lekkerder was die toevallige "raakloop" van ander karakters uit Chanette se vorige boeke - veral Fortuintjie wat 'n groot gunsteling van my is en net so paar reëls in die boek het. Ek wens amper Gertjie en Gys het darem ook net oë gewys en was nie net genoem nie. Dit was ook vir my heerlik om Joachim weer te ontmoet.
Soos julle seker kan aflei uit my eerste paragraaf is die spanningslyn in die boek absoluut meesterlik. Daar is nie 'n oomblik waar dit genoegsaam verslap dat mens so effe ontspan nie. Die karkaters wat nog nie bekend aan ons is nie is geweldig interessant en mens moet kophou deur die boek. Daarom voorsien sy soos haar gewoonte is 'n lys van karakters voor in die boek.
Die boek speel af teen die agtergrond van oënskynlike waarnemings van verskyning van vreemde vlieënde voorwerpe en sogenaamde "UFO abductions" wel bekend in literatuur orals. Vrae word gevra oor die geldigheid van hierdie verskynings en laat mens selfs aan jou eie oortuigings twyfel. Dit gaan egter veel dieper en spreek weer die tendense van massa histerie en misleiding en die invloed van fanatiese sekteleiers soos reeds in "Meetsnoer" gedoen is. Die agtergrond is uiters interessant.
Dit als gesê is die kern van die boek 'n goeie "whodunnit" in die beste vorm moontlik met 'n skryfstyl wat heerlik lees - soos ons gewoond is aan Chanette se boeke.
"Uit die Bloute" is 'n heerlike lees en ek kan hom sterk aanbeveel.