Tuesday 15 August 2017

Van boeke wat jou hart raak

Kyk ons het lanklaas boeke gesels! Dis hoog tyd. So die naweek sit ons met 'n toespraak wat die meisiekind moet lewer - oor 'n resensie. Sy moet een bespreek so ons kies toe 'n oulike een van Fanie Viljoen se Nova reeks se finale boek - netjies gedoen deur Mia Oosthuizen. Net daar val dit my op dat ek selde die "regte" paadjie met resensies loop - in plaas van deur al die mooi letterkundige middels gaan praat ek maar sommer hier uit die "gut" uit soos die Engelse sê. Of dalk uit die hart uit.

Daarom wil ek graag vandag gesels oor twee boeke wat my hart diep geraak het. Albei skrywers was nuut vir my en ek gaan baie beslis meer van hulle boeke lees

Helende liefde - Anna Penzhorn


Ek het dadelik van Andrea gehou - n professionele vrou wat n skybaar ideale amper idilliese lewe lei op die platteland. Na 13 jaar ontdek sy dat haar man wat sy so gek oor is, Dewald, 'n rondloper is. Die slag is nog harder toe sy uitvind wie die verleidster is. Skielik moet Andrea nie net haar huwelik nie maar ook haarself en wat vir haar saak maak in die lewe heraanskou. Selfs haar rol as dokter is nie meer  vir haar helder nie.

Vir my was Andrea se emosionele paadjie wat sy moes loop uiters aangrypend. Noem maar -ontkenning,  woede, gedagtes van vergelding, bevraagtekening van haar eie waarde en soveel meer, wat sy deur moes werk. Bo alles natuurlik die uiterse hartseer van 'n verwerpte vrou. Die verwoesting wat egskeiding saai is groter as wat mens seker besef as jy of iemand naby aan jou nog nooit daardeur is nie.

Andrea se ontwikkeling as mens en haar aanpas by haar omstandighede is eintlik vir my waaroor die boek gaan. Die insig in haar innerlike en gevoelens is baie suksesvol en raak mens se hart. So beweeg sy ook aan deur uit te reik na ander wat minder het as sy en ontdek dat deur vir ander liefde te gee jy self kan heel word - vandaar die titel "Helende Liefde".

Ek sal die boek sterk aanbeveel - dit het my werklik meer insig gegee in wat die rondom ons soms deurgaan en hoe goed hulle daardie swaarkry wegsteek. 8/10 vir n baie goeie boek.

Heiliger - Dibi Breytenbach


My tweede keuse mag dalk vreemd lyk- n krimi en ek gesels oor emosies? Later meer daaroor maar eers die res.

Heiliger is 'n warboel van gebeure - 48 uur van hel vir Hendrik en Amalia! Vroeg oggend moet hulle letterlik die dood van 'n goeie vriendin in die oë staar en daarna hou dit net nie op nie soos die lewe hulle twee bestook met dinge - als in een dag. Dis n warboel van gebeure, emosies en als in die klein plattelandse gemeenskap van Witteberg. Selfs die droogte in die omgewing is 'n karakter in sy eie reg.

Dit is baie duidelik dat die skrywer baie goed nagevors het oor regsprosedures maar ook hoe die proses in 'n tipiese plattelandse dorp sal verloop. Die details rondom selle, polisiestasies en polisiemanne. Wat my veral getref het is hoe die verhouding en spanning binne hierdie sisteem uitgebeeld word.

Die spanninglyn is amper van bladsy een daar en verslap nie 'n oomblik tot die einde nie. Soos 'n storm die uiteindelike verligting van die droogte gee ontknoop die verhaal op dieselfde manier en tyd. Dit is werklik meesterlik gedoen.

Terug na dit wat die hart raak. Die sterkste punt van hierdie boek lê in Dibi se vermoë om simpatie met karakters te skep. Van Hendrik en Amalia wat tradisioneel jou simpatie moet trek deur elke liewe karakter - selfs die lafhartige Richter se beweegredes wek simpatie. Die uitgewekenes, die ontnugterdes en die moeg vir die lewe mense - een en almal. Natuurlik ook vir my gusteling Butomncane Buthelezi - die een man wat altyd sal staan vir rede en geregtigheid. Daardie siele moet ook daar wees om die balans en teenpool te skep vir die lafhartiges.

Heiliger is een van die beste krimis of spanningverhale wat ek in 'n lang tyd gelees het - en ek lees baie! Ek het nie een van die skrywer se vorig boeke gelees nie en alhoewel daar verwysings terug is kan mens die boek op sy eie lees.

Ek gee Heiliger 10/10 vir 'n uiters uitstekende lees. Ek kan nie wag om Saliger en Vrediger onder hande te kry nie.




Monday 14 August 2017

Boy those speeches!

Guys it is a mad rush at the moment. It feels like survival mode all the time. Work is super hectic - I hardly have time to think. The stress is immense. Evenings are filled with school stuff, more work and at least I feel I want to read just a little bit. It's my poison of the moment - well, it's always been a saving grace but now even more. To settle my mind and relax a bit.

We are having a super hectic term - it is madness. Third term is always a busy one and this year it is even worse. It is revue year - which means each and every child is participating in a huge concert - that runs over weeks of repetitions and shows. The grade 6 kids also has the yearly adventure camp next week and as the kids are not suppose to write tests the day after a show things are condensed into weeks. This week C has so may things I can hardly keep track. A has a lot to handle too and L has a speech - which for him is possibly the most difficult of all things to handle. Thank goodness our au pair nightmare seems to be over and our new one handled most of the work for this week on Friday afternoon. But honestly I already feel I had enough. (I will tell you all about the au pair thing later)

There are test and projects oh and the very worst for me - the orals! I really do not enjoy writing them and none of my kids like doing them so it always feels like an uphill battle. I hate them! Honestly.

So now that I have that off my back, how are you all doing. And what do you hate about school work for the kids the most?

Friday 4 August 2017

Just to breathe


We spent the last week of the school holiday in the beautiful Karoo. It was an amazing experience and I am still struggling to come to terms with the constant noise on the building site I am spending so much time on at the moment. It was quite possibly one of my favorite family holidays ever. I just loved the simple quietness, the icy cold mornings and the total change of pace.

It is incredible how fast one adapts to the cold. The first morning there was -12degrees Celcius aroun 7 in the morning. It was freezing. The day and days in general got progressively warmer but funny enough, no one complained about the cold. A made a game of seeing how cold see could see a thermometer on.

We read, ate, played and just relaxed. It was a wonderful time in the company of great friends. Life is extremely tough at the moment and I am a bit of a mess in general. I think this time of repose may have saved my sanity. The kids just slipped into farm mode and had so much fun.  The heart stone below was found by Mr L and I am keeping in on my bedside table in fond memory of a great time out for us.