Showing posts with label Chanette Paul. Show all posts
Showing posts with label Chanette Paul. Show all posts

Tuesday, 13 December 2016

Dis Dinsdag - tyd vir boeke


As 'n enigste kind was lees vroeg in my lewe al 'n toevlug. 'n Toevlug uit alleen wees, uit verveeld wees en ontsnap na 'n wêreld buite jou eie. In graad 2 moes ek aan die skool biblioteek juffrou bewys dat ek goed genoeg kan lees om boeke te kon uitneem uit die groter kinders se afdeling. Na my juffrou se insette is ek toegelaat my te verlustig in Liewe Heksie, Pippie Langkous, Trompie en Saartjie. So het ek baie vinnig myself deur dit wat toe beskikbaar in Afrikaans gewerk - dis net Maasdorp wat my nooit regtig geinteresseer het nie. Maar Die Uile was my absolute gunsteling tot ek Frits Deelman en die Lennet boeke ontdek het.  In Engels is elke liewe Enid Blyton boek verslind en Nancy Drew en die Hardy Boys. 'n Lekker speur storie was maar altyd my kos - van vroeg af. Dit is daarom so heerlik om my Prinses te sien lees - ek sien myself op dieselfde ouderdom - met dieselfde lekker en uitdagings - en presies dieselfde Nancy Drew boeke!

Gou het ek myself dus so half sonder nuwe leesstof bevind - tot my Ouma Anna (sy was 'n besondere vrou - ek het hier oor haar geskryf) besluit het ek is oud genoeg vir haar Ena Murray boeke en selfs Danielle Steel. Ek het stadig deur haar boekrak gewerk - hier al op laerskool. Vir my 12de verjaarsdag het ons buur tannie haar eie boek vir my gegee - "Waardin in die Wolke"  - ek was heel verstom om te ontdek Tannie Ettie (Bierman) was 'n skrywer. So het ek al haar boeke ook verslind.

By die biblioteek in Waverley was daar twee tannies - een wat altyd geglimlag het en my enige iets laat uitneem het, en een wat kwaai oor haar bril geloer het en vir wie ek altyd moes oortuig ek het regtig al deur die kinder afdeling gewerk. Hier in standerd 5 kyk die kwaai tannie eendag na my Mills and Boons hopie vir die dag en sug. "Nee wat my kind", sê sy. "Los hierdie - kom saam". En sy prop "The Hobbit " in my hand - en "Dune" van Frank Herbert en "The Clan of the Cave Bear". En dit was die einde van my belangsteling in enige boek wat as romanse bestempel kan word. 'n Hele nuwe wêrel het vir my oopgegaan.

Dus was dit vir my 'n onverwagse uitdaging toe ek gevra word om "Wilde hawer" van Madelie Human te lees.
Wilde klawer is 'n omnibus met 3 Romanza boeke - "Om Ben lief te hê", "Om Dirk te tem" en "Om Kobus te ken". Ek het so langtand begin lees aan die eerste boek en voor ek my kon kry het ek was ek vinnig deur die boek - en gaan toe maar sommer aan met die tweede een en die derde een.

Alhoewel ek dood eerlik moet erken dat hierdie nie my gewone koppie tee is nie, het ek werklik lekker gelees. Verbasend - maar dit is wat gebeur as jy jouself buite jou gewone gemaksone uitdaag. Jy mag dit dalk net geniet. Ek dink wat die verskil was van die gewone liefdesverhaal is dat Madelie Human romanse uit 'n komiese oogpunt benader - en dit maak al die verskil. Dink "When Harry met Sally" in 'n Afrikaanse boek. So bietjie tong in die kies oor die liefde en die tipiese slaggate rondom dit.

As jy hou van romantiese komedies is hierdie heerlike vakansie leesstof. Dit is ook 'n baie oulike Kersgeskenk vir enige iemand in jou lewe wat van hierdie genre hou.

Boheem van Chanette Paul 


Kayla Cilliers (voorheen Katrien Bresselaar)  beland op die kunstenaarskolonie Bohemia met 'n verlede vol geheime  - net om haar in 'n moord vas te loop. Sy kan hierdie komplikasie in haar lewe nie regtig bekostig nie - veral nie met haar vingerafdrukke op die moordwapen nie.

Hierdie is die derde boek in Chanette Paul se Gys Niemand reeks wat afspeel in die Niemandsdorp omgewing. Gys, Gertjie en die nimlike Faantjie Fortuin (my gunsteling van die trio) is na Springety en Fortuin al ou bekendes. Dit is volgens my een van die lekkertes van hierdie reeks - elke storie is uniek, spanningsvol en vol intriges maar 'n mens voel tuis in die bekendheid van die drie deurlopende karkaters.

Boheem is gevul met heerlike kunstenaar karkaters soos wat die omgewing van die boek toelaat. Judy was vir my 'n gunsteling wat kleurvol beskryf word - maar elke karkater in die boek is lewensgetrou - in hierdie geval meestal in hul eie eksentrieke denke. Dit is maklik om 'n prentjie te vorm sonder dat die skrywer in lang beskrywings verval.

Die storie is tipies van die reeks deurlopend op 'n spanningslyn geskryf met 'n bietjie komedie ter verligting gesprinkel. Ek het veral geniet hoe die magspel selfs in so 'n omgewing tussen karakters uitgespel word -in 'n omgewing waar mens nie so iets verwag nie - of moet mens juis? Is kunstenaars verhewe bo die soek na mag en erkenning of is hul juis soveel te meer soekend daarna? Getrou aan die reeks sal daar wel romanse iewers ter sprake wees maar sonder om noodwendig die storie se lyn te beinvloed of oorheers.

Twee vrae bly by my - gaan Gys en Gertjie ooit bymekaar uitkom? En wanneer gaan die Visvrou se misterie verduidelik word?

Boheem is 'n heerlike boek en perfekte vakansie leesstof. Die Gys boeke word almal tans weer uitgegee met pragtige nuwe skudblaaie.  9/10 vir 'n uitstekend geskryfde boek.

LAPA het die boeke aan my verskaf vir resensie doeleinde - die opinies hier uitgespreek is egter 100% my eie

Tuesday, 2 August 2016

Tuesday Booksday - Afrikaans book reviews (Afrikaanse boek resensies)

  My third most viewed post in 9 years and1447 posts is a called "Afikaans book review" and reviews an early Chanette Paul book. Therefore I am 100% sure that there is a demand for Afrkaans book reviews. I have read an extraordinary percentage of Afrikaans books over the last 2 months (for me) so today's Tuesday Books day is devoted to Afrikaans books. 

As jy hier is en Afrikaanse resensies soek is jy welkom om deur my ander Tuesday Booksday posts te soek - hulle is so tussen die Engels ingesprinkel. Jy kan ook op die "Afrikaanse book review" tag kliek. Ek het ook Tags vir van die skrywers

 'n Goeie dag vir Boomklim - Jaco Jacobs
Jaco Jacobs doen dit weer 'n keer! Skryf 'n jeugboek wat net so heerlik lees vir die bedoelde gehoor se ouers. Ek lees gewoonlik 'n jeugboek as my leesverslaafde 11 jarige hom my in die hand stop met 'n "jy gaan van die ene hou". En ek het - sommer baie.

Marnus is 'n gefrustreerde middel kind - in elke opsig. Die Desember vakansie is ook die slegste een van sy lewe ooit - lank en sonder hoogtepunte strek dit voor hom uit. Tot Leila een oggend die deurklokkie lui met haar petisie om 'n boom in die parkie te red. Voor Marnus sy oe uitvee is hy 'n eco-stryder, hoog in die boom saam met haar. In die proses oor die volgende 3 dae leer Marnus van menswees, meisies, protes, dapperheid, familie en bo alles om homself te laat geld.

Wonderlike (letterlike) kleurryke karakters gee lyf aan die boek - van mevrou Merriman met haar pienk hare, pienk poedels en pienk kombers tot die sober standvastige Caretaker - my gunsteling karakter in die boek.

Dit is 'n heerlike boek vir oud en jonk. Lees hom gerus as jy van jeugboeke hou 

9/10 vir lekker lees

Oorlewingsgids vir 'n Bedonnerde Diva - Sophia Kapp


Simone trek terug na haar grootword dorpie in die Vrystaat na haar tweede huwelik rampspoedig einding. Saam met haar is haar tienerseun met wie sy 'n nuwe lewe moet uitbytel tussen die mense in 'n klein dorpie. Tipies klein kunstenaarsdorpie is daar iets van alles en almal en word Simone deel van die gemeenskap so op haar eie manier. Iewers in die jaar ontdek Simone weer haarself en haar menswees en werdwees vir ander - en boonop 'n romanse.

Diva is 'n heerlike boek en werklik sonder gelyke. Ek was mal oor die oorlewingsgids gedeeltes wat vir almal onder ons lekker , soms tong in die kies, raad gee.

'n Heerlike leeslekkerte wat ek vreeslik geniet het.
10/10 vir 'n deurbraak boek vir Divas

Snoeiskêr - Piet Steyn
Snoeiskêr is maklik een van die grusaamste boeke wat ek nog ooit gelees het. Dit is op die vlak van die Skandinawiese skrywers se boeke waar geen grafiese detail verswyg word nie. Dit net eerstens vir 'n waarskuwing - dit is nie 'n heel eintlik mak Deon Meyer boek nie. 

Lyke word geving met hul duime afgensy en soms heel seremonieel op hul borste geplaas. Eers is die plekke en persone so wyd uitmekaar dat daar nie ooreenkomste gevind word nie maar weldra word besef dat hul hier met 'n reeksmoordenaar te doen het. 

Die storielyn is baie spannend en die karakters heel interessant. Sommige is baie stereotiep maar ander heel interessant.. Ek het egter die "twist in the tale" heel vroeg besef so dit het effe van die verassingsfaktor weggeneem.

Ek sal beslis sy ander boeke lees soos wat ek hulle in die hande kry. 8/10 vir 'n lekker storie

 Openbaring - C Johann Bakkes
Dit is baie moeilik vir my om die regte woorde te vind vir hierdie boek. Johan neem ons op 'n reis na die koudste en warmste plek op aarde - sodat mens nie lou word nie. Hy ondersoek sy (en ons ) strewe na voluit lewe ten spyte van soveel. Om warm of koud te lewe - met ander woorde voluit, maar tog asseblief nie lou nie - nie sonder oordenking en oorgawe nie. Die boek gaan baie dieper as 'n reisvertelling - dis meer 'n vertelling van die lewe en voluit lewe ten spyte van baie.

Hierdie boek het my ook op 'n reis geneem en weer laat dink oor hoe mens lewe en beleef. Dit is beslis in die "moet lees" kategorie. 10/10



Wednesday, 29 June 2011

June 2011- Book 13

Afrikaans book review/ boek resensie:
Meetsnoer deur Chanette Paul

Wanneer Raine Quinn se lewe omver gegooi word deur 'n kerk wat haar as 'n satanis beskryf, koop sy 'n pragtige plaas met 'n natuurlike woud en fabelagtige huis om haar nuwe lewe in te begin. Maar sy is totaal onbewus daarvan dat twee ander mense, elk om hulle eie redes, dieslefde plaas wil he en tot die uiterste sal gaan om dit in die hande te kry. Sy is ook totaal onbewus dat sy meer as ooit tecore te doen gaan kry met godsdienstige fanatisisme.

Wat volg is 'n heerlike speurstorie en riller in die tradisie van die skrywer se vorige 3 "Kruisbaai" of "Gys en Gertjie" boeke. Die boek lyk goed nagevors te wees en die oorsprong en funksionering van sekte kerke met dominante leiers is 'n fasinerende agtergrond.

Ek het die boek baie geniet maar twee goed pla tog - Gys en Gertjie kan nie vir ewig rondpleoter in onsekerheid nie. Die hele sotrielyn is nou oud.En die name van karakters - o aarde! Flint Fletcher en Raine Quinn vir twee redelik gewopne Afrikaanse mense? Dit beklemtoon miskien die effense kitch gevoel rondom die boek en die reeks wat al meer vir my na vore kom.

Tog 'n lekker lees en deel van 'n lekker lees reeks.
Cat se opinie: net-net 8/10/

Friday, 6 August 2010

March 2009 -Book no 10

My apologies to my English readers - this book has not been translated, hence I will do the review in Afrikaans as well.
Fortuin deur Chanette Paul
Die verhaal speel af in 'n retreat vir siele wat soek na verdieping of verandering in hule lewe, Of Eva 'n heks of 'n engel is, is elke een se eie opinie, Dan word die eerste gas op die plaas vermoor en die nimlike Fortuintjie raak betrokke by die saak.

Hierdie is 'n heelike spanningsverhaal wat verras op elke bladsy. Die karakters is ryk geklee  en werklik interessant en die skrywer wek deernis met interessante gewone mense se lewens. Ek kon nie wag om haar volgende boek te lees nie.

Chanette het aanvanklik hygromans geskryf en daarvoor bekend geword - nie 'n genre wat ek enigsens lees nie. Maar hierdie is ware spanningsverhale - as jy van Deon Meyer hou, sal jy hiervan hou.

Hierdie boek kan alleen gelees word, maar ek sal aanbeveel dat jy eers "Springgety" lees - die eerste boek in die Kruisbaai trilogie. Die boeke volg nie op mekaar nie, maar sommige karakters is in almal teenwoordig en daar word tog verwys na die vorige boek. Ek sal ook weldra "Boheem", die derde boek in die reeks resenseer.

Cat se opinie: 'n Lekkerlees 8,5/10