Tuesday 8 November 2016

Tuesdag booksdag - of weereens vandag Dinsdag boekdag!

I will be back next week with an English book review but today it's two Afrikaans books. I am always astounded by the high reader numbers for my Afrikaans book reviews so I love doing them.

Vroeër die jaar het ek my eerste Irma Venter boek gelees - "Skarlaken" wat 'n heerlike lees lekkerte vir my was en die ontdekking van 'n nuwe (vir my) Afrikaanse skrywer om te lees. Ek was dus opgewonde om haar ander boeke te lees. Ongelukkig het ek nie kop gehou of besef dat die eerste drie boeke wel tot 'n mate 'n reeks vorm nie en het ek 'Skrapnel" voor "Skoenlapper" gelees. Dit het my leesgenot van "Skoenlapper" beinvloed omdat ek soveel van die verloop van die verhaal afgelei het van "Skrapnel". "Sondebok" is nou in my visier vir lees en ek is bly ek het hom wel nie voor die ander twee gelees nie. Ek kon nie aflei dat "Skarlaken" enigsens volg op die ander 3 nie maar karakters herhaal wel en ek glo mens kan hom onafhanklik lees.

Ek moet hier ook noem dat die omslag kunswerk werklik mooi is en ook visueel die idee van 'n reeks versterk.

Skoenlapper - Irma Venter
Alex ontmoet vir Ranna 'n bekroonde en baie aantreklike fotograaf by 'n troue buite Dar es Salaam. 'n Aantrekkingskrag en liefde volg vinnig vir Alex wat glo chaos volg hom altyd, en die swarthaar krulkop vrou met 'n geheimsinnige verlede. Dan word 'n Amerkiaans IT miljoener vermoedelik vermoor en skielik word die chaos om Alex meer en meer terwyl sy twyfel in Ranna groei.

Aanvanklik het die boek vir my effe stadig beweeg maar die karakters is werklik interessant en die sekondêre karakters vul goed aan.

Ek vermoed dat ek die boek baie meer sou geniet het as ek hom eerste gelees het - maar steeds 'n goeie stewige 7/10.

Skrapnel - Irma Venter
Sarah Fourie ontmoet ons vlugtig in "Skoenlapper" maar in Skrapnel word sy een van die hoof karakters. Alex word ontvoer terwyl hy besig is om 'n artikel te ondersoek oor onwettige myn bedrywinghede.  Sarah spoor Ranna in Indië op om haar te help om Alex te vind en so ontvou nie net die storie van die ontvoering nie maar ook van Ranna se verlede.

Die boek se pas was vir my baie vinniger as Skoenlapper en ek was van die begin af vasgenael. Die storie ontwikkel vinnig en het 'n heerlike onverwagte ontknoping met nog ander verassings deur die boek. Ongetwyfeld is Sarah een van my gunsteling fiksie karakters en kan ek nie wag om haar weer in 'n boek raak te loop nie.

9/10 vir'n heelike lees - maar lees eers Skoenlapper!


6 comments:

  1. Dankie vir dié! Lekker vakansielees.

    ReplyDelete
  2. Dit is so lekker om 'n Afrikaanse blog post te lees. Ek boekmerk hierdie naam. Ek is lus vir my eie taal.

    ReplyDelete
  3. Replies
    1. Daar is soveel lees lekkertes in Afrikaans - voel vir my asof meer as ooit tevore is daar te kies en te keur

      Delete

So what's on your mind?