Wednesday 29 June 2011

June 2011- Book 13

Afrikaans book review/ boek resensie:
Meetsnoer deur Chanette Paul

Wanneer Raine Quinn se lewe omver gegooi word deur 'n kerk wat haar as 'n satanis beskryf, koop sy 'n pragtige plaas met 'n natuurlike woud en fabelagtige huis om haar nuwe lewe in te begin. Maar sy is totaal onbewus daarvan dat twee ander mense, elk om hulle eie redes, dieslefde plaas wil he en tot die uiterste sal gaan om dit in die hande te kry. Sy is ook totaal onbewus dat sy meer as ooit tecore te doen gaan kry met godsdienstige fanatisisme.

Wat volg is 'n heerlike speurstorie en riller in die tradisie van die skrywer se vorige 3 "Kruisbaai" of "Gys en Gertjie" boeke. Die boek lyk goed nagevors te wees en die oorsprong en funksionering van sekte kerke met dominante leiers is 'n fasinerende agtergrond.

Ek het die boek baie geniet maar twee goed pla tog - Gys en Gertjie kan nie vir ewig rondpleoter in onsekerheid nie. Die hele sotrielyn is nou oud.En die name van karakters - o aarde! Flint Fletcher en Raine Quinn vir twee redelik gewopne Afrikaanse mense? Dit beklemtoon miskien die effense kitch gevoel rondom die boek en die reeks wat al meer vir my na vore kom.

Tog 'n lekker lees en deel van 'n lekker lees reeks.
Cat se opinie: net-net 8/10/

No comments:

Post a Comment

So what's on your mind?