Tuesday 2 August 2016

Tuesday Booksday - Afrikaans book reviews (Afrikaanse boek resensies)

  My third most viewed post in 9 years and1447 posts is a called "Afikaans book review" and reviews an early Chanette Paul book. Therefore I am 100% sure that there is a demand for Afrkaans book reviews. I have read an extraordinary percentage of Afrikaans books over the last 2 months (for me) so today's Tuesday Books day is devoted to Afrikaans books. 

As jy hier is en Afrikaanse resensies soek is jy welkom om deur my ander Tuesday Booksday posts te soek - hulle is so tussen die Engels ingesprinkel. Jy kan ook op die "Afrikaanse book review" tag kliek. Ek het ook Tags vir van die skrywers

 'n Goeie dag vir Boomklim - Jaco Jacobs
Jaco Jacobs doen dit weer 'n keer! Skryf 'n jeugboek wat net so heerlik lees vir die bedoelde gehoor se ouers. Ek lees gewoonlik 'n jeugboek as my leesverslaafde 11 jarige hom my in die hand stop met 'n "jy gaan van die ene hou". En ek het - sommer baie.

Marnus is 'n gefrustreerde middel kind - in elke opsig. Die Desember vakansie is ook die slegste een van sy lewe ooit - lank en sonder hoogtepunte strek dit voor hom uit. Tot Leila een oggend die deurklokkie lui met haar petisie om 'n boom in die parkie te red. Voor Marnus sy oe uitvee is hy 'n eco-stryder, hoog in die boom saam met haar. In die proses oor die volgende 3 dae leer Marnus van menswees, meisies, protes, dapperheid, familie en bo alles om homself te laat geld.

Wonderlike (letterlike) kleurryke karakters gee lyf aan die boek - van mevrou Merriman met haar pienk hare, pienk poedels en pienk kombers tot die sober standvastige Caretaker - my gunsteling karakter in die boek.

Dit is 'n heerlike boek vir oud en jonk. Lees hom gerus as jy van jeugboeke hou 

9/10 vir lekker lees

Oorlewingsgids vir 'n Bedonnerde Diva - Sophia Kapp


Simone trek terug na haar grootword dorpie in die Vrystaat na haar tweede huwelik rampspoedig einding. Saam met haar is haar tienerseun met wie sy 'n nuwe lewe moet uitbytel tussen die mense in 'n klein dorpie. Tipies klein kunstenaarsdorpie is daar iets van alles en almal en word Simone deel van die gemeenskap so op haar eie manier. Iewers in die jaar ontdek Simone weer haarself en haar menswees en werdwees vir ander - en boonop 'n romanse.

Diva is 'n heerlike boek en werklik sonder gelyke. Ek was mal oor die oorlewingsgids gedeeltes wat vir almal onder ons lekker , soms tong in die kies, raad gee.

'n Heerlike leeslekkerte wat ek vreeslik geniet het.
10/10 vir 'n deurbraak boek vir Divas

Snoeiskêr - Piet Steyn
Snoeiskêr is maklik een van die grusaamste boeke wat ek nog ooit gelees het. Dit is op die vlak van die Skandinawiese skrywers se boeke waar geen grafiese detail verswyg word nie. Dit net eerstens vir 'n waarskuwing - dit is nie 'n heel eintlik mak Deon Meyer boek nie. 

Lyke word geving met hul duime afgensy en soms heel seremonieel op hul borste geplaas. Eers is die plekke en persone so wyd uitmekaar dat daar nie ooreenkomste gevind word nie maar weldra word besef dat hul hier met 'n reeksmoordenaar te doen het. 

Die storielyn is baie spannend en die karakters heel interessant. Sommige is baie stereotiep maar ander heel interessant.. Ek het egter die "twist in the tale" heel vroeg besef so dit het effe van die verassingsfaktor weggeneem.

Ek sal beslis sy ander boeke lees soos wat ek hulle in die hande kry. 8/10 vir 'n lekker storie

 Openbaring - C Johann Bakkes
Dit is baie moeilik vir my om die regte woorde te vind vir hierdie boek. Johan neem ons op 'n reis na die koudste en warmste plek op aarde - sodat mens nie lou word nie. Hy ondersoek sy (en ons ) strewe na voluit lewe ten spyte van soveel. Om warm of koud te lewe - met ander woorde voluit, maar tog asseblief nie lou nie - nie sonder oordenking en oorgawe nie. Die boek gaan baie dieper as 'n reisvertelling - dis meer 'n vertelling van die lewe en voluit lewe ten spyte van baie.

Hierdie boek het my ook op 'n reis geneem en weer laat dink oor hoe mens lewe en beleef. Dit is beslis in die "moet lees" kategorie. 10/10



3 comments:

  1. So glad you're enjoying all your Afrikaans books!

    ReplyDelete
  2. Diva is een van my gunsteling boeke van alle tye. Dit is ook 'n boek wat net op die regte tyd oor my pad gekom het.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek voel daar is regtig vir elkeen iets om oor te dink in die boek

      Delete

So what's on your mind?