Die Engelse het so lekker uitdrukking " your poison of choice". Om een of ander rede bring almal dit terug na drank toe - miskien is dit die oorsprong van die frase. Vir my gaan dit oor meer as jou Merlot. Ek is mal oor 'n goeie Merlot maar sal enige dag heerlik teug aan 'n lekker Pinotage, Cabernet of Shiraz. Merlot is "my poison of choice" - maar die ander is net so heerlik. Dit is nou in kontras met my liefde vir 'n lekker droee MCC soos Krone Borealis Brut Rose maar ek sal maak of ek 'n teug aan Cold Duck neem en die res verduister. Dit is nie "poison of choice" nie . Net so is Sally Williams se amandel nougat my "poison of choice" maar enige nougat is 'n heerlike bederf.
So is boeke vir my altyd 'n lekkerte - soos rooiwyn en nougat. Maar my "poison of choice" is duidelik 'n goeie krimi. Dit neem egter nie weg dat ek meeste boeke sal lees en waarskynlik geniet nie. Daarom gesels ek vandag graag oor 'n boek wat duidelik nie in die gif katergorie val nie, en een wat wel.
Vermis van Jeanette Stals
So reg in my kraal is hierdie lekkerlees krimi! Die Londonse ouers van die talentvolle Elodie word een oggend wakker in die gastehuis in Stellenbosch net om agter te kom dat sy weg is. Alhoewel haar ma beweer sy is nie 'n tipiese tiener nie is dit tog wat jong mense doen - tree effe onvoorspelbaar op.
Speurder Luna Joubert vermoed egter gou dat hierdie nie 'n tipiese rebelse- tiener -wat -wegraak saak is nie. Sy bekyk die mense in Elodie se lewe en die omstandighede rondom hulle kuier in Suid Afrika. Moetiemoorde en menslike handel word genoem en gou word dit duidelik dat dit krities is om haar so gou as moontlik te vind.
Die storie verloop op n lekker vinnige pas en Luna se karakter sleep jou saam met haar ondersoek. Die spanningslyn word intens na die middel van die boek en breek nooit regtig voor die verassende ontknoping nie (alhoewel daar wel leidrade vroeer is wat wys hierna).
Dieper as die oenskynlike lekker krimi is die kyk na 'n huwelik wat vergiftig is deur leuens en hartseer, goed versteek onder die oppervlakkige gewone familie beeld. Die koue en selfs so ver as haat kan sterk aangevoel word.
Vermis is 'n heerlike lees, veral vir krimi verslaafdes soos ek. Ek sou net bitter graag die eerste Luna Joubert boek "Katoog" eerste wou gelees het omdat daar wel verwysings is.Soos Deon Meyer se boeke is kan hul elkeen selfstandig gelees word en meng die storielyne nie. Vir karkter ontwikkeling en verwysing sal dit wel sin maak.
Ek beveel die boek ten sterkste aan - 9 en 'n half uit 10 vir 'n spanningsvolle en uiters slim krimi.
Na die bitterheid , bloed en spanning was dit lekker om my leesbrein met bietjie soet te spoel. 'n Lekker bitter latte is dan so perfek saam met suurlemoen meringue tert
Lemoenseison van Kristel Loots.
Ek is beslis nie 'n
gereelde leser van tipiese liefdesverhale nie maar Kristel se boeke het
daardie ietsie anders en dieper en is boonop stampvol heerlike humor. Ek
het die boek in'n dag deurgelees oor 'n langnaweek - een waarin ontsnap
in'n boek baie nodig was en waar my familie my die kans gegee het om
dit wel te kan doen.
Suzy is Mevrou Dominee en 'n effe
onwillige een. Sy is 'n gewone warm vrou wat mooi rokke en veral mooi
skoene wil dra. Sy probeer hard maar vergeefs om haar man se aandag te
kry. Ter selfde tyd is daar dinge in haar verlede wat sy net so hard en
vergeefs probeer vergeet. Sy ontmoet die dodelik aantreklike Dante
del Marco deur haar friend Jay Jay - so heerlike karakter wat ek kan sien en hoor in my geestesoog - en wil
dadelik vir hom werk. Nie noodwendig is romanse op haar teiken nie maar
wel onafhanklikheid en haar eie lewe wat nie as Mervou Dominee gaan
voortgaan nie.
Lemoenseisoen
is 'n heerlike ligte lees en totale ontsnapping wanneer mens dit die
nodigste het. Kristel Loots gebruik in die boek die lemoen as tema of
simbool vir die lewe. Net so is die boek vir my -soos 'n geurige lemoen -
stroopsoet met 'n hemelse geur - maar die pitjies binne kan maar bitter
wees as jy hulle raakbyt. 'n Lekker 7/10 - en ek vermoed vir die van
julle wie se "poison of choice" liefdesverhale is sal dit selfs meer gee
No comments:
Post a Comment
So what's on your mind?